Daai laaste uur vorie son sak

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
So terwyl my mince ontdooi moet ek julle gou vertel van my 60km trippie wat ek netnou met my “Little Mighty Exaar” gaan ry het.

Dit was n lang dag wat al net na 5am begin het, en na ek teruggekeer het hier rondom  17h45 vanaf my laaste afspraak vir die dag, was ek baie lus om bietjie die werksklere te verruil vir jeans, bootse, helmet, gloves en baadjie.

Die rooi fietsie is verlede week Vrydag aangeskaf, en is net gaan haal daar naby Atlantis, met ‘n 45km rit huistoe, wat hoofsaaklik op die N7 en Philadelphiapad, teen die Kaapse Dokter plaasgevind het. Vrydag het ek meer tyd in vierde rat as vyfde spandeer en baklei om die naald oos van 80km/h te probeer kry.
 
Top