ChristoffGS
Race Dog
Liewer laat as nooit, hier is die Ride Report van ons trippie deur die Karoo op 23 Januarie...
Die plan was om mekaar 07h00 die Saterdagoggend te ontmoet, maar soos altyd het dit nie gerealiseer nie en ons is toe eers nader aan 08h00 by die vulstasie op Heidelberg weg. Met myself op my F650GS, my pa (Andrie), my neef (L.J.) en Dirk al drie op Dakar's, my oom (Louis) op sy R1200GS, Heinie met sy XT600 Tenere, Evert met sy 650 Transalp en Jeff en sy vrou, Maretha, op hul KLR650 vat ons toe die 'gholfbaan-pad' uit Heidelberg in die rigting van Gysmanshoek Pas.
Eerste koffie breek was by die afdraai na die pas, almal vol grappe en netmooi lekker opgewarm vir die res van die dag. Volgende stop was by die bo-punt van Gysmanshoek, vinnig afgeklim en bietjie die uitsig bewonder en vinnig weer in die pad geval in die rigting van die R62.
Regs gedraai op die R62, verby die bekende Ronnies Sex Shop, verby Warmwaterberg se afdraai tot by die afdraai op die Plathuis pad. Vinnig gestop sodat almal kon opvang en toe weer in die pad geval. Ek, Louis en L.J. het die voortou geneem en besluit om in die klein poortjie te stop sodat die ander weer kon inhaal. Afgeklim en bietjie nonsens gepraat. Toe die ander na 15 minute nog nie opgedaag het nie het ons besef iets is verkeerd… Gedog ons het dalk verkeerd gery, draai toe maar om en so 10 kilo's later kry ons die ander klomp van voor, Heinie agterop Dirk se Dakar - sy Tenere het 'n pap wiel gekry. Die Tyre Fix wou nie die trick doen nie, maar gelukkig was hulle stoot afstand van die naaste plaas opstal af en kon die fiets daar by 'n baie gawe oom los. Heinie moet toe maar vir die res van die dag passasier wees.
Ons stop toe maar weer in die poortjie sodat die ander ook bietjie kan rondkyk en eet toe sommer daar ontbyt. Die poortjie laat my baie laat dink aan Seweweekspoort - selfde tipe rooi rotse. Dirk stel toe voor ons draai af op die Hondewater pad om te kyk hoe dit daar lyk. Ek, Louis en L.J. vat toe weer voor. 'n Hele ent in op die Hondewater pad ry ons by 'n pannetjie verby. Ek stop en sê vir Louis: "daai lyk darem nou na 'n lekker speelplek". Ons kyk tegelyke tyd terug, sien geen teken van die ander nie en besluit toe net daar dat dit nou eers bietjie speeltyd is. Toe die ander oor die bultjie kom is dit net stof waar jy kyk - was baie groot pret!
Klaar gespeel en ons draai toe maar weer terug en is op 'n stadium links op die pad na Montagu. Dirk het die aand vantevore op Google Earth rondgekrap en sien toe die Prinsrivier dam, so toe moes ons daar indraai om na die dam se interessante wal te gaan kyk. Daarvandaan is ons in die rigting van Montagu, oor die Ouberg pas en stop toe vir die eerste keer, 117km later, net voor Montagu. Hier kla Jeff van sy 'gatte wat lam is' en hy maak planne hoe hy 'n BMW sitplek op sy KLR sal kan pasmaak.
Op Montagu het ons petrol ingegooi. Jeff, Maretha en Evert is lus vir middagete en die res van ons besluit toe om uit die hiite te kom en maar liewers die vinnige roete terug huis toe te vat. R62 tot by Barrydale, oor die Tradouws Pas, links met die kort stukkie grondpad tot in Heidelberg. Altesaam so250km 350km vir die dag, bietjie warm, maar 'n baie lekker trippie!
Ek weet die Wilddogs hou van foto's, so here goes:
Die roete...
By Heinie se huis, nog nie voltallig nie...
Heinie se Tenere
By die BP op Heidelberg - voltallig
Louis by die afdraai na Gysmanshoek
Koffie breek by die afdraai na Gysmanshoek
Dirk bo-op Gysmanshoek
Jeff en Maretha
Bo-op Gysmanshoek pas
By die afdraai op die R62
Afdraai op die Plathuis pad
Ontbyt in die poortjie
Die lekker speelplek. So baie pret gehad dat ek skoon vergeet het om foto's te neem!
Die Prinsrivier dam
Bo-op die wal...
Van die wal af...
Uit die lug...
Laaste stop net voor Montagu
En dis dit!
EDIT: spelling en afstand
Die plan was om mekaar 07h00 die Saterdagoggend te ontmoet, maar soos altyd het dit nie gerealiseer nie en ons is toe eers nader aan 08h00 by die vulstasie op Heidelberg weg. Met myself op my F650GS, my pa (Andrie), my neef (L.J.) en Dirk al drie op Dakar's, my oom (Louis) op sy R1200GS, Heinie met sy XT600 Tenere, Evert met sy 650 Transalp en Jeff en sy vrou, Maretha, op hul KLR650 vat ons toe die 'gholfbaan-pad' uit Heidelberg in die rigting van Gysmanshoek Pas.
Eerste koffie breek was by die afdraai na die pas, almal vol grappe en netmooi lekker opgewarm vir die res van die dag. Volgende stop was by die bo-punt van Gysmanshoek, vinnig afgeklim en bietjie die uitsig bewonder en vinnig weer in die pad geval in die rigting van die R62.
Regs gedraai op die R62, verby die bekende Ronnies Sex Shop, verby Warmwaterberg se afdraai tot by die afdraai op die Plathuis pad. Vinnig gestop sodat almal kon opvang en toe weer in die pad geval. Ek, Louis en L.J. het die voortou geneem en besluit om in die klein poortjie te stop sodat die ander weer kon inhaal. Afgeklim en bietjie nonsens gepraat. Toe die ander na 15 minute nog nie opgedaag het nie het ons besef iets is verkeerd… Gedog ons het dalk verkeerd gery, draai toe maar om en so 10 kilo's later kry ons die ander klomp van voor, Heinie agterop Dirk se Dakar - sy Tenere het 'n pap wiel gekry. Die Tyre Fix wou nie die trick doen nie, maar gelukkig was hulle stoot afstand van die naaste plaas opstal af en kon die fiets daar by 'n baie gawe oom los. Heinie moet toe maar vir die res van die dag passasier wees.
Ons stop toe maar weer in die poortjie sodat die ander ook bietjie kan rondkyk en eet toe sommer daar ontbyt. Die poortjie laat my baie laat dink aan Seweweekspoort - selfde tipe rooi rotse. Dirk stel toe voor ons draai af op die Hondewater pad om te kyk hoe dit daar lyk. Ek, Louis en L.J. vat toe weer voor. 'n Hele ent in op die Hondewater pad ry ons by 'n pannetjie verby. Ek stop en sê vir Louis: "daai lyk darem nou na 'n lekker speelplek". Ons kyk tegelyke tyd terug, sien geen teken van die ander nie en besluit toe net daar dat dit nou eers bietjie speeltyd is. Toe die ander oor die bultjie kom is dit net stof waar jy kyk - was baie groot pret!
Klaar gespeel en ons draai toe maar weer terug en is op 'n stadium links op die pad na Montagu. Dirk het die aand vantevore op Google Earth rondgekrap en sien toe die Prinsrivier dam, so toe moes ons daar indraai om na die dam se interessante wal te gaan kyk. Daarvandaan is ons in die rigting van Montagu, oor die Ouberg pas en stop toe vir die eerste keer, 117km later, net voor Montagu. Hier kla Jeff van sy 'gatte wat lam is' en hy maak planne hoe hy 'n BMW sitplek op sy KLR sal kan pasmaak.
Op Montagu het ons petrol ingegooi. Jeff, Maretha en Evert is lus vir middagete en die res van ons besluit toe om uit die hiite te kom en maar liewers die vinnige roete terug huis toe te vat. R62 tot by Barrydale, oor die Tradouws Pas, links met die kort stukkie grondpad tot in Heidelberg. Altesaam so