Die 15-maand-lange beginners RR

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rooi Wolf

Pack Dog
Joined
May 23, 2013
Messages
487
Reaction score
71
Location
Nieuwoudtville
Bike
KTM 690 Enduro
Laat ek maar by die begin begin  :sip:

Op 'n vars lente oggend in 2012 gee Arrow Feather vir my sy XT se sleutel met daai grin op sy gesig.. Ek hoop die ou weet ek fight 'n hewige babelaas! "Toe, vat hom net vir 'n spin om die blok en kyk hoe voel dit.." Die man hou homself graag slim, maar ek reken daai oggend het hy deur my gesien! Net daar trap ek toe in die strik en 'n week later skaf ek my heel 1'e mouterbaaik ooit aan.

Met die nuwe masjien by die huis aangekom, sink die realiteit toe ook vinnig in: my somtotaal van ry ervaring op 'n bike was tot voor daai toetsrit nul. Ek sit boonop man alleen hier in 'n klein karoo dorpie, sonder 'n partner in crime. Die naaste makker wat ek kan opbel om saam vir 'n rit te gaan is 'n volle 4 ure weg! Maar ek was nog nooit 'n ou wat sulke klein detail tussen my en bietjie pret laat kom het nie..

Met al die nuut aangeskafde gear aan, onthou ek nog bitter goed hoe my hart geklop het in my keel toe ek my 1'e solo rit van 'n volle 10km aangepak het. Die sensoriese stimulasie was absoluut wonderlik, en ek het met een moerse glimlag aan die slaap geraak daai aand. Die glimlag het nog nie weg gegaan nie, en inderdaad net al groter en dieper geraak met tyd.

Om nog so bietjie agtergrond inligting te gee: Ek bly hier in die Hantam kontrei in 'n klein dorpie genaamd Nieuwoudville. 'n Absolute skat van 'n plek op die eskarpement, waar die Knersvlakte, die Hantam Karoo en die Cederberge bymekaar kom, Boesmanland en Namakwaland op ons agterstoep. Dit maak vir ongelooflike geografie en diverse biologiese sisteme waar eindelose vlaktes, klowe, bergpasse, uitsigte, blomme en plantegroei gretig wag om ontdek te word. Daar is uit die aard van die saak ook min mense hier rond en jy kan inderdaad binne slegs 'n paar minute se ry op plekke afkom waar daar geen tekens van samelewing is nie, kilometers se grondpaaie wat vra om gery te word.. 
 

Attachments

  • Nieuwoudtville (2).JPG
    Nieuwoudtville (2).JPG
    62.1 KB · Views: 584
  • Nieuwoudtville (3).JPG
    Nieuwoudtville (3).JPG
    88 KB · Views: 611
  • roadtrip in karoo (26).jpg
    roadtrip in karoo (26).jpg
    61.6 KB · Views: 598
  • karo roadtrip (27).JPG
    karo roadtrip (27).JPG
    54.3 KB · Views: 618
Top