Die 2de XT bash by Koedoeskloof

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Old School Biker

Pack Dog
Joined
Mar 14, 2012
Messages
425
Reaction score
0
Location
Villierdorp
Bike
Yamaha XT 660 Z
So het ek weer erg uit gesien na die 2de XT bash by Koedoeskloof. Die jaar was by rof wat die bike aan betref, een probleem of olie lek op die volgende. Anyway lang storie kort. Die saterdag voor die bash het ek en LEM 'n draai gaan ry net om te check of als gesort is na al die valve stem seals en ander olie seels vervang is. Die dag was awesome en probleem vry gewees. Al hick up was 'n pap wiel 13 km van die huis af. Het nie dat dit die dag spoil nie.

Right die vrydag voor die bash is die bike se tire reg en gepak. Ek is by die huis besig om my klein dogtertjie op te pas tot ma by die huis kom en dan kry ek en Operator mekaar by die shell garage kry. So het 12 uur aan gebreek en ek het die bike vol gemaak en ons was op pad. Ons ry toe met die koppies pad tot by Scherpen heuwel en Operator se hy moet net by ektoknbike stop om blad te skud. Ons kan seker nie voor die man se deur verby ry en nie groet nie. So gemaak en ons was weer reg vir ry. Toe ek op my bike klim toe besluit my agter wiel dis tyd vir 'n puncture. Gelukkig is ons nog op die plaas en ons trek die tyre net daar af.

Na omtrent 45 minute se sukkel en stoei is ons weer aan die rol :ricky:. Ek en Operator besluit toe om met die teer te hou tot by Veldtjie want ons het bietjie tyd verloor. Het in Barrydale gestop vir bene rek en petrol en toe in die saal geklim vir die laaste skof. Ons het baie lekker gery en die pad was stunning. Net so na 5 het die xt se voorwiel by koedoeskloof se hek in gedraai. Het kamp op geslaan en gaan rustig verkeer by die vuur en paar ou gesigte se blad geskut. Het toe gaan inkruip voor die saag meule opstart.

Right saterdag oggend het ons 'n heerlikke ontbyt geniet en paar van ons het saam met andy660 'n awesome pad gaan ry. Het eers in Calitzdorp gestop vir koffie. Van daar het ons die groenfontein pad gevat en by Calitzdorp dam gaan verby ry. Ek het elke oomblik van daai paaitjie geniet, was ongelooflikke mooi wereld. Ons het weer op die R62 gedraai en in Oudshoorn se rigting gery. Gekom by Smits Winkel en het net daar besluit dis tyd vir middag ete. Het 'n heerlikke rooster koek met bacon en kaas geeet. Klaar geeet het ons weer op gesaal en op die ou sement pad weer terug gekeer na Calitzdorp met nog so stukkie grondpad tussen in waar ons maar wyd uit mekaar moes ry vir die stof wat so kwaai was. Van Calitzdorp af het ons weer terug beweeg koedoeskloof se kant toe. Het in huisrivier pas gestop vir 'n foto en bietjie die wereld bekyk. Oppad  terug het ek verby Andy hulle gery wat nog 'n om paaitjie wou in werk maar my alie was lam want die saal is hard en stop kaans was min. Op Ladismith gekom by die petrol stasie besluit ek toe om vol te maak dan is reg vir die terug tog huis toe. Klaar vol gemaak en ek wou net klim en ry toe hoor ek hom weer. Die agter wiel wat afblaas. Bel toe vir Operator en hy se hy en xt joe sal my met die trailer kom haal ek moet net vasbyt. In tussen kry ek 'n blik skuim by Siddpitt maar tevergeefs. Operator en XT JOE het gekom en ons het die bike gelaai en is terug kamp toe. By die Kamp gekom is die bike afgelaai en ons het in gespring om weer die wiel reg te kry. Ek moet vir Siddpitt, XT JOE, Operator en almal wat hand by gesit het baie dankie se. Was great om tussen manne te wees wat nie skroom om 'n onvoorbereide ou te help nie ;). Van daar het ons net leke saam gekuier en die geselskap geniet.

Sondag oggend het ek wakker geword en my goed gepak en tent op geslaan en die bike gelaai. Ek het ontbyt geniet en vir oulaas met die manne gesels. Na Operator se honger en dors gelawe het is ons op die fietse en terug huis toe. Ons het by Barrydale weer af gedraai by die Tredou pas. Die uitsig was ongelooflik mooi en die pad was stil. Vandaar is ons deur suurbraak en verby swellendam. Die pad tussen Swellendam en Riviersonderend het soos 'n ewigheid gevoel. Op Riviersonderend het ons weer die swart xt se tenk vol gemaak en gestop vir koffie. Klaar koffie gedrink en draai geloop het ons die agter pad om gevat Greyton toe. Die weer was heerlik en die son het leke geskyn. Op greyton het my en Operator se paaie geskei en hy is met na Caledon met die Hemel en Aarde pad huis toe. Ek het verby die Gevangenis om gery en op die R43 die laaste stuk huis toe aan gevat. Kyk teen die tyd was die tyd op die bike lekker maar 'n drukkie van my vrou en my 10 maande oue prinsessie was nog lekkerder.

So die naweek was awesome gewees en aan almal wat dit met my gedeel het baie dankie. Dankie aan Eugene en Debbie vir julle gasvryheid en julle stunning plek en dankie aan al die manne wat saam gery het.

Tot Volgende jaar, Ry veilig en hou die wiele rond. :ricky:

 

Attachments

  • 20140808_110009.jpg
    20140808_110009.jpg
    296.2 KB · Views: 290
  • 20140808_175351.jpg
    20140808_175351.jpg
    213.3 KB · Views: 285
  • 20140808_180013.jpg
    20140808_180013.jpg
    227.1 KB · Views: 287
  • 20140808_220216.jpg
    20140808_220216.jpg
    204.9 KB · Views: 289
  • 20140809_105109.jpg
    20140809_105109.jpg
    290.1 KB · Views: 286
  • 20140809_111137.jpg
    20140809_111137.jpg
    330.2 KB · Views: 292
  • 20140809_113612.jpg
    20140809_113612.jpg
    285.3 KB · Views: 288
  • 20140809_114307.jpg
    20140809_114307.jpg
    333 KB · Views: 283
  • 20140809_121030.jpg
    20140809_121030.jpg
    276 KB · Views: 280
Top