Die Karoo...die Fees en...die afval

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Swart Baard

Race Dog
Joined
May 16, 2011
Messages
704
Reaction score
0
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1200GS
Die laaste twee weke by die “office” was ietwat van n’ wasmatsjien experience. Maar nou is dinge biekie rustiger en ek kan my RR post  :ricky:

Die van julle wat my nie ken nie, ek is n’ groot vleis liefhebber. Met die dat ek so ruk terug na Bay FM luister hoor ek Jacques raak iets kwyt oor Karoo-lus fees en egte karoo kos stalletjies. Nou kyk, ek word nie sommer twee keer genooi nie en net daar besluit ek die karoo sal op die GS se rug besoek word.

Nou ek ken nie die dorp van Graaf Reinet nie, maar ek onthou Ben Ten is mos van daai geweste. Ek druk n’ PM na hom vir biekie raad oor blyplek en nie lank nie en ons het verblyf. Iets omtrent Ben se profile vang alweer my oog….sy skaap kop gilde “badgie” Ek wonder so vir n’ oomblik oor die besigheid en ek dog toe ek sal hom maar meer daaroor uitvra by die fees. Maar so biekie meer daaroor later.

So raak die tyd nader en dis ook nie honderd jaar nie en ons trek deer die karoo op die rug van die GS. Soos ons deer Wolwefontein ry (moenie jou ogies knip nie, dis sommer nou verby) speel The Good, Tha Bad and The Ugly deer my Scala headset. Man en ek verbeel my kompleet dis so 200 jaar of so terug … ek is op die rug van n’ perd, met n’ hoed op die kop (daai tipe wat aan die een kant skyns op gevou is) … my vel is leer gebraai van die son en ek ry agter die son aan wat sy kop begin sak… Kyk….TOE ry man darem lekker

Ons eerste stop is Jansenville.
SDC13103.jpg


Ek vra die vrou hoe haar nuwe Airhawk seat cover werk…en al wat ek kry is “Dit voel vir my nog net dieselfde”
Ons kap gou n’ koeldrankie en nuttig n’ stukkie biltong van die Bosbok wat ek so 2 weke terug geskiet het.

SDC13105.jpg


Nou ja… ons ry weer. Die pad is lekker stil en ek draai bietjie die GS se oor, want ek lus darem nou iets sterker as n’ koeldrankie.

Oppad na die fees stop on seers by die kerk vir foto’s. Baie mooi kerk hierdie

SDC13110.jpg


SDC13109.jpg


By die fees aangekom en ons soek vir parking naby die ingang. Ons ry mos bike en ek gaan nie vanaand ver loop nie. Maar die car guards (of eerder die brood krummel wat nou brood geword het) het anne planne met ons. Die vrou maan my maar aan om nie my Swart Baard maniere uit te haal nie en ek park maar so entjie weg van die ingang, waar daar ander scooters ook staan.

Nou is dit fees tyd.

SDC13114.jpg


En die voggies vloei  :biggrin:

SDC13115.jpg


Ek sien die kos stalletjie in die agtergrond genaamd Koos se Gat. Menu kan mens net so deer die sambrele sien.

SDC13118.jpg


Ek sien daar is afval op die menu…..nee man…wie eet nou sulke goeters  ???
Dit raak koud en ons beweeg binne die wyn tent in. Nou is dit nog nader loop vir die volgende knerts.

SDC13123.jpg


SDC13124.jpg


Theuns Jordaan sing eers 11h30. Maar die aand is mos nog jonk. Ek gaan soek iets om tee et. Ek sien vriendelikke oomie wat skaap stertjies en chips verkoop. R 25. Lekker cheap en ek gooi. Man dit was nou uit die boonste gestoeltes  :thumleft:

Voor Thuens sy verskyning kon maak, toe kies ons maar die pad huiswaarts. Snaaks hoe die stange van die GS dan nou so erg los voel…maar ek hou hom maar in 2de rat.
 
Top