Die sigbare reserwe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Kobus Myburgh

Grey Hound
Joined
Nov 20, 2013
Messages
8,358
Reaction score
1,728
Location
George
Bike
KTM 640 Adventure
Die volgende hier raak gelees.

https://www.gooimielies.co.za/die-sigbare-reserwe/

"Ek wil graag ‘n probleem aanspreek wat by die meerderheid van ons, ‘n frons op die voorkop laat. En dit is die sigbare reserwe. Die wat? Ja, dit is die sigbare afstand waarin jy ‘n voorval of ongeluk veilig en suksesvol kan vermy.

Teen enige gegewe spoed is ‘n sekere minimum afstand nodig om ‘n motorfiets te stop. As jy die voetganger of die stilstaande vragmotor net om die volgende blinde draai wil vermy, moet jou spoed beperk word tot jou stopafstand. Byvoorbeeld, kom ons sê jou fiets kan teen 100 km / h in 35m stop. As jy nie verder as 35m kan sien nie, moet jou spoed nie vinniger as 100 km / h wees nie.

Natuurlik in werklike situasies, neem dit ten minste 0.5 sekondes of so om te reageer op ‘n nood situasie, en ‘n verdere 1 sekonde van progressiewe voorrem trek. By 100 km / h sal 1,5 sekondes ‘n ekstra 40m opvreet voor jy kan sê “Ag mammie!”. Ja, dit beteken dat jou werklike stopafstand teen 100 km / h meer as 75m is! As jou sigbare reserwe slegs 40m is, behoort jou spoed regtig nie meer as 60 tot 80 km / h te wees nie. Dit is slegs briekwerk, dan praat ons nog nie eers vaan uitswaai pogings nie.

Terwyl ons ry, kan baie min van ons die afstand akkuraat in meter bepaal. Kies ‘n vaste voorwerp soos ‘n lamppaal of telefoonpaal, en tel die sekondes wat jy nodig het om daar te kom. Tel hardop een duisend-en-een, een-duisend-en-twee … Deur ‘n werklike meting van jou sigbare reserwe te neem, en dit te vergelyk met jou spoed, kan jy sien hoe vêr jy die koevertjie stoot.

Hier is ‘n paar riglyne:

SPOEDMIN. RESERWE
60 – 80 km/h4 s
80 – 100 km/h5 s
100 – 120 km/h6 s
120 – 130 km/h7 s

Kyk bietjie of jy saamstem met die volgende minimums. As hierdie minimums jou ‘n bietjie senuweeagtig maak, voeg nog ‘n sekonde by. As jou reflekse regtig vinnig is en jy kan oopkop bly sonder om beheer te verloor, neem ‘n sekonde af.

Die punt is dat jy ‘n eerlike metode kry hoe jou spoed teen jou en jou fiets se stop vermoeë opstaan. As jy vind dat jy in situasies beland, waar jy gedurig moet reageer, rem of uitswaai, moet die boodskap heel duidelik wees: ry stadiger, gaan af na ‘n laer rat, hou jou vingers op die voorbriek, voet op die agterbriek, vergroot jou reaksie zone, veral wanneer die sigbare reserwe vinnig op jou toemaak.

Nog beter, kry behoorlike opgeleiding deur by ‘n professionele instrukteur!"


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Top