Die verdwaal trippie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MINZI

Race Dog
Joined
Feb 9, 2011
Messages
1,651
Reaction score
0
Location
Krugersdorp
Bike
Triumph Tiger 1200 Explorer
Die verdwaal trippie.(en terug)Ek skryf hom maar die keer in Afrikaans want ek het Afrikaanse petrol in die bike gegooi en het die GPS die hele naweek in Afrikaans gevloek.

In my lewe het ek nog nooit so verdwaal soos hierdie naweek nie. Tussen die GPS en die kaart, kon ek maar net nie regkom om nuwe paaie te ontdek nie. Ek en Elize het besluit om na Greystone Lodge toe te gaan net buite Dullstroom vir ‘n aand om bietjie weg te kom want ons werk soos slawe hierdie jaar en het nog glad nie by bikery uitgekom nie.

Soos gewoonlik, het ons Vrydagaand alles gepak en toe pizza’s bestel en ‘n glasie rooiwyn geniet. Vroeg op Saterdag oggend en ek is ewe skielik nie lus vir hierdie trip nie. Ek is moeg, het nie lus om op te staan nie en wou eerder die hele dag in die bed bly. Ek skryf my slapgat houding toe nou maar af aan die feit dat ek die kers aan beide kante gebrand het die afgelope paar maande n forseer myself toe maar om op te staan. Dit was die plan om 6uur in die garage te wees, sak vas te maak, stilte hou en dan ry om te gaan petrol gooi. So teen 7uur loop ek eers by die voordeur uit, gee kos vir die honde, kyk dat alles reg is en begin toe eers die bike te laai. Nou, Elize laaik mos van broei in die bed tot op die laaste oomblik. Ek hardloop dan rond en kry alles reg en dit is hoe ek dan sommer wakker word en begin energie kry vir die dag. So teen 7:30 trek on toe weg en stop by die garage en maak vol. Ons sleep toe nou maar op die N14 tot by Hans Strydom afdraai en klim daar af om na die eerste agterpad te soek en dis mos nou waar die omdraai begin. Daar het hulle mos nou besluit om stop en go’s te he en hiervoor was ek nou regtig nie lus nie. Ons draai daar om en besluit om maar verder op die N4 te ry en by Rayton af te klim. Ek wou nog by my ma stop en goed aflaai, maar ons was mos nou al klaar so 2ure agter skedule. Toe ons by die klein tolhek kom, toe sien ek dat hulle die klein ‘gap’ toegemaak het en ons moes toe nou maar die R22,00 vir 2 bikes betaal. Van daar af draai ons links en dadelik weer regs op die pad na Bronkhorstspruit toe. Ons het besluit om die oggend nie beskuit te eet saam met die koffie nie en sou net ‘n ‘shake’ drink om ons vol te hou tot op Middelburg.
By Bronkhorstspruit toe is ek nou al lekker honger en besluit dat ons sommer by daai plek sal stop waar ek, Elize, Abnormaload, Esteni, Paulb en Petro, en Boetie mos laasjaar gestop het vir milkshakes, iets sal kry om te eet. Die plek is nog toe en ek gaan kyk of die Wimpy al oop is. Daar aangekom, toe staan daar ‘n paar bikers en een ou het ‘n Bloubul bike en ‘n Bloubul helmet met horings op en alles. Ek besluit maar dat ek eerder nie daar gaan stop nie, want ‘n Lions ondersteuner kan mos nie sy lag hou as hy sulke dinge sien nie.
Ons druk toe nou maar deur en besluit om te gaan kyk wat gebeur op Balmoral. Die plek soek ek nog steeds! Ons stop toe nou maar by ‘n kruising en haal die kaart uit, want die GPS wil mos nou nie saamwerk nie. Toe ons nog so besluiteloos rondstaan, toe stop daar ‘n XT660 en ‘n mede Wilddog klim af en vra of ons weet waar Balmoral is. Sy naam is Lonerider en hy soek ook na ‘n ou vriend se plaas. Hy is ook nie links nie, en bel sy vriend se ma om vir ons aanwysings te kry. Nee, se die tannie, ry net reguit aan en die paadjie lang die N4 sal ons tot in Middelburg vat. Ons se nou maar koebaai en trek daar weg.


IMG_1759.jpg

IMG_1763.jpg


Ek is nogal bly, want net daar kry ons toe nou die eerste grondpad van die dag. Die pad het nou wel in ‘n boer se huis vasgeloop en ons moes omdraai en weer terug ry tot by die N4 en toe maar die reguit en boring pad vat tot by Middelburg. Kom by die tolhek aan, wen die lotto, want die masjien skree mos as jy die jackpot wen......
By Middelburg was ons eers by twee ander Wimpy’s gewees voordat ons, ons Wimpy kry. Dis nou die een waar jy reg voor die Wimpy parkeer op die sidewalk en sommer na jou ysterperd kan kyk terwyl jy brekfis eet.
21042012229.jpg


Ons het volgemaak (bikes en spense) en is toe daar weg met agterpaaie na Lammerkop, Selonsrivier en Stoffberg toe. Ons het Lammerkop en Selonsrivier ook heeltemal misgery en sal graag weer eendag daai 2 plekke wil gaan soek. By Stoffberg aangekom, toe stop ons maar oorkant die meule by die General Dealer. Nou, ek en die tannie wat daar werk het al ‘n paar keer gesels as ek daar stop, maar daai dag was sy nie lekker nie. Ek vra toe maar of daar ‘n moontlikheid is vir ‘n Savanna Light en ‘n Castle Light. Sy se toe daar is nie Savanna Light nie en ek vat toe maar ‘n Dry vir Elize. Toe sien ek hoekom die tannie nie haarself is nie. EK ontmoet toe haar man. Hy loop saam met die naam van Chappie. Hoe meer ek hom antwoord in Afrikaans, hoe meer vra hy my vra in Ingils. Waar kom ek vandaan, ken ek mense in Randfontein, ken ek sy seun is Rustenburg, waarheen gaan ek, waar kom ons vandaan? Soos wat hy praat, so drink hy uit sy sak uit sodat die tannie hom nie kan sien nie. Toe ek die botteltjies gaan weggooi, toe vra hy my wat my naam is en toe ek hom antwoord, vra hy my of ek Afrikaans is. Ek se toe maar, ja ek is Chappie. Hy se toe “nee Riaan, jy lyk soos ‘n blerrie Khakie jong.” Al laggende is ek en Elize toe daar weg op soek na Kwaggaskop.
21042012230.jpg

21042012231.jpg

Dia afdraai na Kwaggaskop toe loop ook toe dood teen ‘n boer se hek! So ent verder toe raak ek mos weer lus vir rook en besluit om te stop by die eerste afdraai wat ek sien. Toe ek daar stop, toe is daar ‘n bordjie wat Dullstroom as 22km ver aanwys. Ons draai toe maar daar af en dit is toe mos waar die naweek se ry nou eintlik begin. Die enigste probleem was, dat dit nog vroeg is en ons eers 2uur mag inboek. Ons besluit toe om die helmet cam op te sit en te stop waar ons ook al wil.
Hier is die fotos van die lekker grondpad en ek sal later die clips prober laai.
21042012232.jpg

21042012233.jpg

21042012234.jpg

21042012236.jpg

21042012237.jpg

IMG_1771.jpg

IMG_1774.jpg

IMG_1776.jpg

IMG_1777.jpg

IMG_1788.jpg

IMG_1791.jpg

IMG_1795.jpg

IMG_1796.jpg

IMG_1797.jpg

IMG_1800.jpg

Uiteindelik by die Lodge aangekom en afgepak. Ons is toe nou sommer ge-upgrade want ons huisie het ‘n probleem met die water.
21042012239.jpg


Die aand het ons lekker geeet en toe di vuurtjie in die huisie aan die gang gekry en lekker gesels.
21042012242.jpg

21042012241.jpg

21042012226.jpg

IMG_1821.jpg

IMG_1822.jpg

IMG_1827.jpg

Die volgende oggend was ek toe mos nou weer nie lus vir ry nie en ons besluit toe mos om na brekfis op Dullstroom sommer teerpad te vat huistoe. Op Belfast aangekom, toe soek ek mos weer die agterpad na Middelburg en die N12 om die tollenaars vry te spring. Wat hier gebeur het, is seker die hoogtepunt van die trip. Die roete vat ons toe op grondpaaie wat in ‘n baie goeie kondiesie is en toe ons weer kyk, toe is ons al weer verdwaal. Daar stop toe ‘n oom en tannie wat oppad is kerk toe en se dat ons eerder moet links draai by die kruising, want voorentoe is die pad baie sleg. Ons ry toe nou maar die 12km terug na die N4 toe en kom toe net so 10km van die Engen by Belfast uit. Dit was 64km se draai wat ons gery het.
IMG_1833.jpg

IMG_1834.jpg

IMG_1835.jpg

IMG_1836.jpg

IMG_1837.jpg

Ons ry toe nou maar so teen die wind al die pad huis toe en was so 3uur die middag besig om die bikes te was met ‘n lekker koppie koffie in die hand. So, dit maak nie saak hoeveel jy roetes beplan nie, as jy verdwaal is dit vir ‘n rede en dit is waaroor biketrips gaan. 



 
Top