Paasnaweek is altyd n lekker tyd vir n biketrip,maar die weer kan soms n mens se planne bietjie deurmekaar krap.n Paar van ons Montagu-manne beplan om die Saterdagoggend n bakdraai deur die Kleinkaroo te maak ,die aand by Koedoeskloof te kamp,Sondag via Rooiberg en Cloetespas oor te skuif na die Suid-kaap,daar te oornag en dan Maandagoggend Gysmanshoek oor terug te keer na Montagu.My seun Kiewiet en sy pel Snakes sal by myself ,JD en Barry aansluit vir trip.Alles was haarfyn uitgewerk,maar toe besluit die weer dis tyd dat die eerste kouefront van die Winter die Wes-kaap kom afkoel na n soel Herfs.
Ons besluit om liewer al die Vrydagaand deur te ry tot in die Ceres-karoo en dan vandaar die roete sal aanpas volgens die weer.Die eerste kamp is aan die voet van die Skitterykloofpas by die piekniekplek.Kosmaakbeurte word bepaal deur die speel van n pot Boule(nie die groot balle nie,maar n bike weergawe).Dan is daar ook n potsierlike pienk hoed met bypassende blom wat om die beurt gedra word deur iemand wat sy naam gat maak.Grootmense word mos weer soos kinders op n biketrip.