Die Weskus en " DIE WESKUS "

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fenderbender

Race Dog
Joined
Oct 7, 2006
Messages
4,071
Reaction score
261
Bike
BMW R1200GS Adventure
Dewald het vir ons n lekker trippie bymekaar geslaan . 6 fietse teen die kus langs op tot by Jurg se kaia wat ons basis sou wees . Vrydagaand het die Vredendal span al gery en ek en Seeduiwel sou Saterdag oggend vroeg hier van Robertson af ry en by hulle aansluit .

Vrydagaand 9 uur bel Blinkes my en laat weet dat daar teespoed was met die span . Dewald het n draai overshoot en sy been het lelik seergekry . Taai soos hy is , wou hy nie nog vir die ambulans wag nie en ry toe weer self terug Lutzville  se kant toe , gat in die been en gekrenkte fiets . Die ambulans het hy glo net voor Lutzville verbygejaag , hy oppad hospitaal toe en die ambulans oppad na die ongeluk toe.

Met die nuus is die naweek nou bietjie geruk , maar ek en Seeduiwel besluit om maar wel Sat. oggend in die pad te val . Eers teer gegooi om tyd op te maak , maar by Clanwilliam het ons gatvol geraak en weer grond begin soek . Mooi paadjie daar langs Bulshoekdam langs geplot op die GPS en koers gekies Klawer se kant toe .

By Dewald se huis aangekom op Vredendal , kry ons die man daar . Hy is op die been en ek is bly om te sien die lidmaat lyk so goed . Die gat in sy been lyk maar lelik op die fotos wat hy my wys en die been is redelik toegedraai met verbande . Drink gou n biertjie en gesels sommer oor die voorval . Ek stel voor dat ons , (Dis nou ek , Dewald en Bob ) , ons naam nou sal moet verander . Voortaan sal ons nou nie meer as die " Drie Musketiers " bekend staan nie maar wel  as  " Team Overshoot "  Wat ons wel ook kon doen is om die bike ryery te los en maar vlieduiwe te begin vlie . Ek word toe lelik gekyk en Bob laat weet per sms , hys ook nie te vinde vir die idee nie .  :imaposer:

Wag ek sit gou n paar kiekies op, dan vertel ek verder .

1 en 2  Bulshoekdam
       3  " DIE WESKUS"
       4  Cornel wys ons sy broek wat nog n paar stukkies mince inhet.
       5  Die Meelgesig lyk darem nie te erg nie .
 

Attachments

  • Weskus 2012 026.jpg
    Weskus 2012 026.jpg
    132.4 KB · Views: 648
  • Weskus 2012 025.jpg
    Weskus 2012 025.jpg
    146.9 KB · Views: 645
  • Weskus 2012 001.jpg
    Weskus 2012 001.jpg
    168.3 KB · Views: 639
  • Weskus 2012 002.jpg
    Weskus 2012 002.jpg
    155 KB · Views: 648
  • Weskus 2012 003.jpg
    Weskus 2012 003.jpg
    167.4 KB · Views: 637
Top