Drie Manne Drie Ysterperde Botswana Caprivi Van Duckwalking tot Sandgliding

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jata

Pack Dog
Joined
Mar 17, 2010
Messages
135
Reaction score
0
Location
Magoebaskloof
Bike
KTM 990 Adventure
In 2005 het ons n soorgelyke trip gedoen ek, Sakkie, Aishol en Lampies. Die swaartekrag van die sand  het ons besig gehou. Arme Sakkie was meer in die sand as op sy perd. So mismoedig was die arme man dat hy besluit het, nooit weer nie. Na die trip het sy 650 GS geen spieels gehad nie. Dit is toe waar Dooms ons bymekaar maak en elkeen n mooi nuwe 4wiel 4x4 Outlander aan ons verkoop, gewaarborg om die sand pak te gee sonder om neer te donder. So was dit dan dat ons ek, Sakkie en Dooms deur Mosambiek Namibie is met die goete sonder om neer te donder.

Na die trip deur Namibie verlede jaar besluit ek, nee wat die 4 wiel goed is boring jy het geen vaardigheid nodig om die ding te ry nie. Dit is weer tyd vir twee wiele. Die manne wou eers nie byt nie maar na n paar biere, was hulle daar op die selfde frekwensie.

Na n KTM 990, n 990R en n 800GS is ons eers na Oom Jan toe om te kyk of hy iets in hierdie beenkoppe van ons kan kry. Wonderbaarlik, leer ons hoe werk die dinge regtig. Dit is nie net van poer poer nie jy kan nou ry, moet oefening natuurlik.

So hier is ons op die 7de Augustus. Weg is ons. Waarheen, weet nog nie maar Botswana, dan Caprivi, dalk Ovamboland en dan sal ons kyk.

Byt net vas ek is besig om phodies kleiner te maak
 

Attachments

  • 092010 010-2.jpg
    092010 010-2.jpg
    265.7 KB · Views: 569
Top