Dual Sport Tyres

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Regis Laconi

Race Dog
Joined
Jun 9, 2015
Messages
547
Reaction score
0
Location
Paarl
Bike
KTM 990 Adventure
Hoekom is al die dual sport bande se profile so plat.  Is dit vir traksie of gemak, miskien beter kilos???

Ek begin kyk na n stel bande vir die 990.  Daar is regtig nie veel om van te kies nie.

Pirelli se Scorpion MT90 is nie baie hot op n grondpad nie, of enige iets anders as teer nie.  Heidenau se K60 Scout is tos op n nat pad en amper onmoontlik om van die rim af te kry langs die pad.  Mitas EO7 is weereens n baie plat band.  Die knobblie tyres is nie bad nie maar hulle gee geen kilos nie.

Ek ry so 2500 na 3500 km n maand.  Vir my om drie plus stelle bande n jaar op te sit is n bietjie kwaai.  Is daar n band wat ek mis kyk of moet n ou maar net n "lesser of two evils" kies???

Ek moet by se dat ek nou die Mefo op het.  Dis nie n baie goeie tyre nie.  Hy grip nie op die teer of grond nie.  Geen grip in die sand of klippe nie.  Ek het n 2500 km trip met hom gedoen en hy lyk glad nie gesond nie.  So wees gewaarsku as jy na hom kyk.
 
Top