Eastern Freestate Ride Begins and Ends in Disaster

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tulie

Pack Dog
Joined
Feb 3, 2009
Messages
71
Reaction score
1
Location
Bethlehem
Bike
BMW R1200GS Adventure
Reen  is die groot sondebok vir die probleme en moontlike bankrotskap van Tulies adventure bike trips.

Ons het 52 km in n uur  en veertig minute gery. Ons kon kon 3 fotos neem ,waarna
Die kamera te nat was om verder te neem, en toe die groot terugslag: Tulies adventures
Se hoofbraaier(die spil waarom alles draai),Carene, val 50 m van die huis in n modderplas.

Miles, n Wilddog van Vereniging, was eerte op die ongelukstoneel .Carene het in n blonde oomblik gedink ,die beste manier van stilhou in die modder , is om die voorbriek te gebruik.Die fiets het net omgeval. Haar regter gewrig het seergekry.Ons het die fiets opgetel, sy het huis toe gery, en ons het gedink alles is fine.

Eers hier by 4 uur , toe sy besig was om vir ons te braai,het ek opgelet sy is nie so vlug van hand met die braaiwerk soos gewoonlik nie.Nadat ons haar eers klaar laat braai het,ons besluit om x-strale te gaan neem.

Die personeel by Medi clinic in Bethlehem was fantasties.Hulle het my dadelik op my gemak laat voel toe hulle die t.v kanaal op die krieket  ingestel het en vir my n gemakstoel nader getrek het.Carene het op n lekker regop stoeltjie gesit terwyl ons vir Dr Sonnet Coetzee gewag het.

Die x-strale is geneem. Daar is n ligte fraktuur in haar gewrig en Sonnet het vir haar n gipsie opgesit.Sondag middag het ek besluit om te kyk of  sy kan braai. Dit is hier waar my probleme begin.Dit lyk vir my sy gaan vir die volgende 3 weke elke varktjoppie wat sy gaan braai gaan verkool.

Carene was nie net my besigheid se braaier nie. Sy moes ook by elke off- road race, petrol gooi en tyres change.Ons sit op die oomblik in n groot penarie.

Ek het op die oomblik n vakante pos vir n jong dame tussen 20 en 25 wat goed kan braai en die basiese kennis van n Yamaha WR 450 se ratkas en enjin het.


Die uwe,
Die benoude varkboer.


DSC01333.jpg

Miles deur diep water


DSC01335.jpg

Hoof braaier


DSC01332.jpg

Die span het op die ou end net uit 3 ryers bestaan, die mense van Bethlehem wat sou saamry het uit gechicken


DSC01334.jpg

Die Varkboer en sy vrou lekker nat!
 
Top