Ek en die "Minion" se Trippie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Aug 12, 2011
Messages
1,310
Reaction score
54
Location
Uitenhage
Bike
BMW R1200GS
So het dit gekom dat ek my 8 jarige dogtertjie moet entertain aangesien die vroutjie ons ouer dogtertjie moet Netbal toe neem en dan moet sy vir n belangrikke toets leer vir vandag...

Ek wat nagskof gewerk het en so net na 6 by huis gekom het staan Amy-Lee reg om te gaan, vreeslik opgewonde.

So daar prep ek die Minion teen die vreeslikke koue Saterdag oggend.

936570161fb4e2a70b4443326cb163d6.jpg




Daar is sy gedress in haar eie baaitjie en Helmet, soek nog bootse maar die sal doen vir nou...

e8bfa7cc6cc94b0e047dca0d1487c5c2.jpg


Nou is ons reg vir ry nadat haar oom "Twinhead" aandagtig sit en wag vir ons om klaar te maak, want hy mos nou n nuwe fiets gekry en wil graag gaan stof maak met sy nuwe perd...
Jammer dis n geleende foto

07befff24617598058c59911f0ab01e4.jpg



Ek Minion reg vir aksie
db0f9f456aa100358c6e4beae3d913da.jpg


Van daar afsleep ons bietjie om tyd op te maak om die ouens te kry by Patterson 8 uur, maar ek moes pitstop maak by Sondagsrivier om bietjie die 1200 se lee tenk vol te maak...

Daar sien ons Mr T so met die wegtrwk slag en waai maar net...

So daar trek ons weg en net bokant die bult bealuit my Regter kant se Tenk side cover om my hard op my knie te slaan, op een of ander manier het die lock skroefie aan die binne kant los gekom en verloor...
Groot geskrik maar niks wat ek daar kon doen nie, buig toe als weer op plek in en ry voor tot Patterson.

Daar het ons Diffie en die res van die groep gekry en reg vir vertrek na Twe Twe se Kamp Kimbo se brekkie....

Diffie bel vir Twe Twe en se ons is oppad

Vat toe die pad na Alicedale met n mooi stuk grondpad wat deur n resevaat loop en ly na die Kommadagga stasie en van daar af weer op die teer pad.

Dis daar op die grondpad waar my meisiekind vir my se pappa, dit is nou regtig mooi en lekker... kyk net daar is pappa se dag gemaak en weet sy sal die.res wat kom regtig baie geniet...

Op die teer kom daar n monster van n LC van voor af, nie anders as Fox...

Hy het ons kom haal om ons die pad te wys Reddingshoop toe...

By Kamp Kimbo gekom waar Twe Twe en die spannetjie sit en wag vir ons...

So daar is dit so, meisiekind is in haar noppies oor die Boesman hutte en wil hulle net gaan besugtig... maar vra daarby, waar is die Boesmans?

9e824702e94683f96b594a74996fa8bc.jpg


dd9df51ba360a4d00f64b8984b0fd7aa.jpg


79e99825a9678c90b0cf19a173af4d5e.jpg


Lekker gesels en baie aandag van die mede Willehonde gekry...

Mens gesels en kuier so dat mens vergeet om fotos te neem...

Moet vir Fox en Twe Twe eer geen aan die ontbyt en asook al die moeite wat julle in Kamp Kimbo en Reddingshoop in druk...
Sal julle laat weet wanneer ek n vry naweek het, dan kom ek deur en sal my hande leen vir enige tiepe hulp vir wat ek kan wees...

So daar raak dit nou al laat en ons moet nou aan beweeg en pad vat nadat ek ook eers met mamma per telefonies vra of dit OK sal wees as ons maar die volle roete doen saam die res van die groep, aangesien ons net die brekkie sou doen en dan teerpad terug sou kom alleen...

So se mamma dit is reg en daar gaan ons saam die groep....

6c08fe544b1c9acf245cd44d7947ee42.jpg


2663ebe5cc222d1273cd6e8ecf58ce32.jpg


Van daar af het ons deur die hek gegaan na die Darlington dam, en mooi wild gesien....

Ons het daar op die bruggie onder die damwal gestop en daar het Amy gevra of sy n paar fotos kon neem.

e7a2b7c3472df1d33b283f0b6f7b04fe.jpg


429fcf9ea76c9c6ec96b1295cc672dcd.jpg


3106b08119aae59e84736347287a3d93.jpg


c8b22f853e748176712287facc394dfa.jpg


0d3b622e216e7e43e4d8946ae9075bb9.jpg


4480802ef59baca41c545f7a91f708a3.jpg


2ed5b3859fbf98e1151340ec3b1d7103.jpg


a832a7b9229088bd3485d8eb74a7dfda.jpg


b4bc967ef872279fa873a595f09f54a7.jpg




Van daar af het ons nog n stuk grond gery tot voor ons by die afdraai Jansenville/Uitenhage gekom het waar ons totsiens gese het aan Difflock, Engelsman en Skaapkop waar hulle Jansenville toe is.

Ek en die Minion, Twinhead, Geen Sand en Robo-kop het rigting Uitenhage gery het en van daar af sou Geen Sand Jefferysbaai toe gaan en Robo-kop PE toe gaan.

Minion het begin moeg raak en wou so bietjie die 12 se bene rek sodat ons by die huis kon kom en het toe vir Geen Sand en Robo-kop bietjie in die verte gelos en gedink ek sal wag vir hulle op Uitenhage se af draai, maar daar het n ou en sy vrou by ons gestop en gese die ander 2 het gestop om n ou op sy pasola te.help wat van die pad af gery het...

Weet nog nie wat daar gebeur het nie maar die ou het naby die rand van die pad gery toe ons verby hom is... dankie julle 2 dat julle gestop het en die ou gehelp het, sou ook gehelp het as ons dit gesien het, maar hy was nog OK toe ons verby hom is...

Maar is die geheel was die dag baie lekker en die Minion het haar gate uit geniet en die hele 400km mooi stil gesit en nie een keer gekla nie...

Sy wil nou net weet wanneer kan ons by Tannie Twe Twe se Boesman Hutte gaan bly...

Dankie almal vir n lekker dag!!!

Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
 
Top