Ek en my seun na Breedtsnek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,267
Reaction score
717
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Ek en my seun (13) het so op die nippertjie gister besluit om vandag Breedtsnek toe te gaan.
Ons het maar met bikes tot by Buffelspoort agter op my bantam bakkie te ry aangesien hy nie lisensie het nie.
By buffelspoort het n groot man met n quad ons ernstig gewaarsku dat jy nie die pad teen die berg op met n bike kan ry nie.
Volgens hom kan hy dit beswaarlik op sy quad ry :imaposer:
Ek het vir n paar oomblikke gedink mis ek nie dalk iets nie. Dit is my seun Michael se eerste trippie op die XR125. Die ou sukkel nog met
die wegtrek storie. Hy het met my postie gery maar die was semi outomaties.
Sparro het my die pas gaan wys so 2 weke terug en kan nie onthou dat dit so erg was  nie. Komkommer ek toe so n bietjie en twyfel in my oordeel want as mamma se "blommetjie" stukkend en vol bloed by die huis kom, my biking budget na niks gesny gaan word vir die toekoms.
Ons is toe daar weg en moet ek se die outjie het my verbaas,niks drama , net n lekker rustige ry tot bo waar ons n worsie gebraai het.
Kom toe n jong lat so stilletjies daar verby in n silwer Opel corsatjie. Pragtige jong poppie by hom. Kan seker net n meisie wees wat n man so in die klippe injaag met sy nuwe karretjie vir n bietjie privaatheid. Ek het maar gesmile en my eie jongdae onthou.
Lekker dag saam met my seun gewees. Die ou wil nou net ry dat ons kan tent opslaan in die boendoe erens. Sal maar soek hier in onbekende Transvaal waarnatoe ek en hy volgende keer kan gaan.
 

Attachments

  • 12070032.jpg
    12070032.jpg
    240 KB · Views: 363
  • 12070033.jpg
    12070033.jpg
    207 KB · Views: 361
  • 12070034.jpg
    12070034.jpg
    230.2 KB · Views: 361
  • 12070037.jpg
    12070037.jpg
    242.2 KB · Views: 358
Top