Deon
Race Dog
Ek en Masehare het nou die dag ons XR's in die Jonkersberg bosbou area in gery. Ons het by die hoofhek in gery en almal gegroet soos ordentlike bromponie ryers mos altyd doen. Die bosbouers was besig om bome af te sny. Niemand het ons gehinner of eens met ons gepraat nie. Dit is 'n baie mooi pad tot by die Ernie Robertson dam. Ek het ander bike spore daar gesien en ook trapfiets spore. Dit lyk vir my of die hoofpad na die dam nie aan bosbou behoort nie. Ek dink ook nie ek gaan luister na 'n Cape Pine werknemer wat hardegat gaan wees nie. Hulle huur die grond teen next-2-f.. by bosbou. En ons belastingeld het vir bosbou betaal. Of is ek verkeerd?
https://www.panoramio.com/photo/124439482
https://www.panoramio.com/photo/124439434
https://www.panoramio.com/photo/124439398
Botlierskop het hule mag gebruik om die mooi pad naby Riverside toe te maak. Hulle gebruik glo die verskoning dat die pad onbruikbaar is. Maar dit is nog steed 'n lekker pad vir 'n XR, of trapfiets ryer, of mense wat daar wil loop. Maar nou is daar 'n hek en Botlierskop het alleen gebruik van die pad. Sonder enige koste van hulle kant af. Behalwe miskien 'n 'bribe' aan die plaaslike mislikepaliteit.
https://www.panoramio.com/photo/124439184
Ry gerus die pad met plastics of GS. Oppas vir die samoerse bul wat rondloop.
https://www.panoramio.com/photo/124433676