Excessive fishtailing 1200GSA - WHY???

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Scenic Ride

Pack Dog
Joined
Aug 31, 2012
Messages
297
Reaction score
0
Location
De Doorns
Bike
BMW R1200GS Adventure
Laas Sondag op pad terug van Oasis na Algeria het ek baie gesukkel met "fish tailing" op my GSA.  Dit het op daai lang stukke "pebbles" en vlak sand so erg geword by tye,  dat ek gedink het ek gaan teen 90-100 nou 'n vol "tankslapper" kry en bietjie bloed giet.

Ek het 'n vermoede dat dit met my pakkery te doen het.  My Mitas E-07 agter was 1.9 bar en my Metzeler Karoo (T) voor was 1.7 bar.  Die sak met my tent,  stoel,  slaapsak, opblaasmatras en spaar botteltjie wyn,  was agter op die rak en kon so tussen 13 en 15 kg geweeg het.  Die "preload" was op ligte "offroad" gestel en die damping op die medium verstelling van "normal".  "Traction control & ABS" afgeskakel.

Hierdie stuk pad met hierdie gedrag van my GSA het my regtig laat skrik.  Ek gaan in die toekoms probeer om die gewig vorentoe te skuif,  ek wonder of dit sal help?  Raad sal waardeer word.
 

Attachments

  • IMG_3584.JPG
    IMG_3584.JPG
    122.7 KB · Views: 288
Top