F@rking eventually.....XR650R

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Redwolf

Race Dog
Joined
Aug 8, 2008
Messages
4,952
Reaction score
179
Location
Pretoria
Bike
KTM 1290 Adventure R
Ek het 'n storie om te vertel...

Jammer dat dit nie in rooinek taal is nie, ek tik afrikaans omdat ons mooier girls en melktert het  :imaposer:

Ek het lank 'n Suzuki DL650 gery en het toe met tyd besluit dat ek iets meer offroad worthy soek, na baie oplees en navorsing het ek besluit ek soek 'n XR650R. My soektog het toe begin, maar om een te kry was baie moeilik. Het na so 4maande se gesoek een gekry, maar dit was 'n 2000 model en het 30000km opgehad en banke wou hom nie finansier nie omdat hy te oud te was..

Na nog so 'n maand en 'n half se gesoek het ek 'n 2003 model in Durban opgespoor (ek bly in PTA) en het toe die eienaar gebel. Sy rede vir verkoop is omdat hy vir hom 'n splinternuwe XR650 laat invoer het. Na baie onderhandeling en ingligting uitruil het ek die afgelope naweek 'n sleepwa gehuur en toe die fiets gaan haal.

Intussen het ek my DL650 aan LouisXander (forum member) verkoop teen 'n bargain vir hom. Hoop jy geniet hom net soos ek het Louis.

In Durban aangekom het ek al die usual goed deurgegaan en toe die fiets gekickstart en vir 'n spin gevat, die krag was iets ongeloofliks. Toe ek by sy huis stop (met 'n horing in my broek  >:D), het ek sommer dadelik die fiets op die trailer gelaai. In sy huis het ons toe die papierwerk afgehandel, die ou het elke invoice gehou van elke diens asook 'n logbook.

Ek en my vrou is toe daar weg op ons tog terug. Het by my ouers in Middelburg aangegaan en het toe sommer die fiets van daaraf teruggery. Om een of ander rede wil die voorwiel net nie op die grond bly nie.....

In Pretoria aangekom is ek sommer reguit na Runner toe vir fine tuning (omdat lugdruk hier van Durban verskil), en toe tref 'n ongelukkie my. Runner sien toe dat die subframe mounting op die frame afgebreek is, omdat dit 'n spesialis area is (aluminium welding) kos dit R500 om reg te maak, ek het wel beplan vir repairs maar mens voel nogsteeds nie lekker as so iets fout is nie. Moes dit misgekyk het, want na ek hom gery het wou ek hom net koop. Ek het die vorige eienaar gebel en hy se toe hy het van dit geweet en het nie die nut gesien om my te vertel daarvan nie, maar omdat ek ongelukkig is daaroor is hy bereid om die koste te dra en sal geld in my rekening inbetaal, dit help darem weer 'n bietjie.

Ek kry die bike weer vanmiddag. Runner se diens was uitstekend en ek het lanklaas so vinnige diens gekry. Suzuki Toystore wat relatief goed is se diens is nie eers amper soos Runner s'n nie. Dankie Runner.

Indien enige iemand ooit daaraan dink om 'n XR650R te koop, doen dit. Die bike is bevoeterd. Dink nie ek sal hom sommer ooit weer verkoop nie. Die DL650 was baie gemaklik, krag was goed, brandstof verbruik was goed, maar dit is nie 'n XR650 nie. Wel twee baie verskillende bikes met verskillende purpose, maar ek is nou 'n XR650 fan for life.

Aangeheg 'n foto van my nuwe speelding.

Sal nog foto's neem as ek hom netnou terugkry....

 

Attachments

  • DSC00640.JPG
    DSC00640.JPG
    51.4 KB · Views: 362
Top