From GS to HP2

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

JacoM

Race Dog
WD Supporter
Joined
Jun 27, 2007
Messages
2,250
Reaction score
199
Location
Somerset West
Bike
BMW R1200GS HP2
Het onlangs my GS met 'n HP2 vervang. Miskien help my "eerste ry-indrukke" iemand wat dieselfde oorweeg?

Die enduro gode sal seker nie saamstem re die suspensie, maar komende van die GS is die HP2 se suspensie "ongelooflik". Sommer met die toetsrit op 'n slegte stuk toilet dak-tipe grondpad was ek beindruk. Alles bly mooi in lyn en die suspensie eet net alles op. Ek het hom nou al hier bo in die Elgin berge gehad waar ek ook met die GS gespeel het. Die stuk sand pad waar ek voorheen mooi moes konsentreer het net verdwyn op die HP2.

Die HP2 se saal is natuurlik baie nou, maar ek is heel gemaklik op hom. Ek verkies 'n "een stuk saal". Op die GS het ek altyd gevoel asof ek vorentoe skuif. Al was hy sag en breed was die "op die pere skuif" gevoel altyd a steurnis.

Ek vind dat ek amper nooit staan en ry. Miskien iets te doen met die hoogte maar die HP voel net meer "in beheer" as jy sit. Op die GS het ek weer gevoel dat om op te staan ek dadelik meer beheer kon uitoefen. Dit is dalk 'n kombinasie van die lengte en hoogte van fiets en breedte van die saal verskille - ek raai net.

Voorlangs is die gewig baie minder as die GS. Jy voel dit onmiddelik as jy opklim.

'n Aanpassing is die "rake" saam met die groter voorwiel. Die HP2 reageer totaal anders as jy bv. kort draai by a stop straat. Die GS is mos 'n baie kort fiets, en die gewig verspreiding bly dieselfde as die voorwiel ge-krink word. Die HP2 se voorwiel wat daar ver voor sit, veroorsaak dat die fiets gouer wil "omval" as jy stadig wegtrek terwyl jy kort draai. (Maak dit sin?) Die GS is waarskynlik makliker om stadig mee te ry. (Dit verklaar miskien waarom die GS so goed vaar in skills challenges?)

Die enjin is baie meer responsive. Die enjin rev maklik en vinnig en jy kan voel hoe die ekstra kW gemaak word teen hoer rev's.

Teen spoed onder 120k/hr het jy nie 'n windskerm nodig. Sodra die HP2 egter oor 120k/hr gaan voel jy die wind. Ek sal defnitief klein skerm opsit.

Die petrol tenk is flippen klein. Ek sal maar net nooit by a vulstasie verby ry en beter moet beplan. Vir waarvoor ek die fiets wil gebruik het ek nie nou meer petrol nodig.

Alles op die HP2 voel lewendig. Vandat ek besluit om 'n draai te ry todat ek hom afskakel voel jy net adrenalien vloei. My HP2 se standaard pyp is "ligter" gemaak en die cat uitgehaal. Die enjin brom is merkbaar dieper sonder om a hengse lawaai te maak. Lekkerrr!

Die groot voordeel aan 'n HP2 in die garage is nou kan ek elke keer vir lank na hom staar sonder om gepla te wees met wat ander mense dink! AS daar nou 'n druppeltjie kwyl val is dit ten minste in my eie Garage en hoef ek nie so onnosel te glimlag as ander my sou sien. Ek het nou al by drie geleenthede by Vulstasies mense gehad wat kom gesels. Dit het nooit met die GS gebeur. Een ou wou weet of dit 'n 600cc is omdat hy so "klein" vertoon. Sy opregte opmerking op my antwoord van "nee, dit is 'n 1200" was " FOKKIT!"

Wat ook my gevoelens oor die HP2 behoorlik saamvat.
Waaroor ek wel baie spyt is is dat ek die besluit nie al vroeer gemaak het.
PM my as jy twyfel oor so 'n skuif...
 
Top