G I Jane kom huis toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MegaPix

Race Dog
Joined
Sep 27, 2013
Messages
3,462
Reaction score
799
Location
Highveld, CENTURION
Bike
Zero (all models)
Soos baie van julle al weet het ek 'n ruk lank 'n groter bike gesoek.  Die China Mistress van my het te klein geraak vir wat ek wou doen.  So het my gesoek begin en SchalkL op Coligny het my tegemoet gekom en besluit hy sal GI Jane afstaan aan my.

Verlede naweek is hulle deur Midrand toe, en ek het Strompie gevra om vir Jane te gaan haal.  Nodeloos om te se, hy het skaars begin ry toe bel hy my en raak mal van opgewondenheid.  Dit alleen het my week om te wag verskriklik lank gemaak.

Vrydag aand is ek met my bakkie deur tot op Warmbad om te kuier by my ma.  Saterdagoggend vroeg is ek weg om goed te gaan aflewer in Montana, Pretoria en dan na Strompie om vir Jane te sien.

Daar gekom kon ek my lag nie hou nie en ek het ook nie nodig gehad om enige smile te keer nie.  Strompie het goed gedink dat ek net vir Jane vat om te kyk of als ok is, en so het ek gou die kinders gaan hello se en daarna is ons op pad na Cullinan waar ons sommer gou middagete geeet het en toe terug.



Op pad terug na Pretoria van Cullinan.   Strompie staan mooi in die agtergrond



Terug in Montana by Strompie se leplek kry ek 'n boodskap van Hoendertjie wat se sy bakkie waarmee hy aflewerings doen se ratkas het gekak, en ek is soontoe om te sien wat ons kan doen.  Daar gekom kry ek die briljante idee.

Gee die bakkie vir Hoendertjie, kry Strompie om my te kom haal, en reel dat ek Sondag oggend (Vandag) met GI Jane die pad huis toe sal vat.  Saterdag aand besluit ek, ek gaan nie die Highway (N1 Noord) ry nie.  Maar voor ek kan ry, moet ek plan maak met my bagasie.  

Gelukkig het die h(ex) so paar jaar terug toe ek nog fiets gery het soos die Argus, vir my 'n sak gekoop wat al die goodies mooi kan vat en die sak gaan altyd saam met my trips as ek met die bakkie weg gaan.  Maar nou moet dit agter op Jane gaan en voor ek gaan le gisteraand toe maak ek en Strompie seker die sak is stewig vas.

Vanoggend vroeg is ek op, shower en pak vir Jane en  doen die groetwerk.  Hier is Jane gepak in Strompie se garage.





Half 8 vat ek die pad in die rigting van Cullinan en draai links op die Moloto / Kwa-Mhlanga pad.  My ouers het lank uit op die pad gebly en toe ek by die afdraai kom moes ek eers top vir 'n foto.





Ek gaan reguit aan na Kwa-Mhlanga en verby Siyabuswa op pad na Marble Hall.





Soos ek stop om fotos te neem kom ek agter iets is stukkend





Marble Hall is deel van die Ephraim Mogale Local Municipality - Toe ek verby die bord ry besluit ek, ek moet dit eers afneem.  Ek moes omdraai en Murphy besluit dat ek op die grond neerslet teen 5km/h

Hier is die bike opgetel want ek het besluit ek gaan nie nou al fotos van bikes wat le neem nie
Kyk die gly merk





Ek kom so 9h20 in Marble Hall en wil Wimpy toe vir breakfast.  Die plek maak eers 9h30 oop en gee my gou tyd om toe petrol in te gooi en te kyk wat is die verbruik.



Onthou die is 'n ou KLR en die odometer is in myle.  Moes mooi somme maak, maak ek is happy met die verbruik as ek die moerse wind ook in ag neem.



Tyd vir kos en iets warms.







Presies 10h00 vat ek die pad in die rigting van Arabiedam.  Die is 'n redelike kort pad om te ry maar met die kar nooit lekker nie.  Nou is Jane in haar element.  Hier gou gestop om na die dam te kyk.







Verder met die pad ry mens na Zebediela.  Een platneus met 'n bakkie het reg voor my ingedraai terwyl ek so 70 m/h gedoen het.  Gelukkig het hy gou genoeg besef ek gaan bo-oor hom ry en hy het uitgedraai anders het ek hier beland.  5km van die hospitaal



'n Ent verder is die kruising wat regs draai na Polokwane.  Die huis is naby.  So 80km, maar nie as jy baie ander paaie ook kan ry huistoe nie.





Hier draai ek regs en gaan Lebowakgomo se kant toe.





Op pad is een van my kliente se fabrieke.  Stop toer gou om sommer die hek ook af te neem



Nou goed op pad huis toe maar moet eers verby die wetgewer se kantore gaan.  As jy links draai hier is dit op pad na die mooi wereld van Chuenespoort.









Chuenespoort om die draai



Hier draai jy links



Van waar ek kom



Na waar ek gaan



Hierdie pad is baie besig en daar is gereeld ongelukke hier.  Hier is 'n steen wat opgerig is vir al die mense wat nie die poort klaar gemaak het nie





Deur die poort en dan sit die Cheunepoort dam aan jou regterkant.  Hier draai 'n nuwe teerpad af na Mankweng en Haenertsburg.













'n Ent verder draai dei grondpad uit na links wat tot by die teerpad van Polokwane en Haenertsburg gaan.  Hier het Jane die eerste keer behoorlik grond geproe.  WOW WOW WOW





As die sokker span af is , sorg die beeste die veld bly in 'n goeie toestand





Die boom is reg agter die sokker veld





Weer teerpad.  Nou moet ek links draai na Polokwane en nie ver van hier is my afdraai na my blyplek.  Lekker buite die dorp en by die grond paaie



Die laaste 900m voor ek by die huis kom



200 myl of 320km later stop ek presies 13h00 by die plot.  GI Jane het veilig by die huis gekom en ek het groter lekker kry gekry as enige orgasme wat ek al gehad het.



Damn, en toe begin die wasgoed was.  Die lewe van 'n bachelor
 
Top