Google Earth voorspel nie die weer op Limietberg nie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse my mede willehonne

Verskoning vir die fotografie, ons sê maar die lig was nie reg nie, so lees maar.

Weens werkverpligtinge en gelukkig ook verlofverpligtinge moes ek die afgelope naweek die beplanning vir die Uitsig Animal Rescue Farm se ontbytlopie begin vasmaak, en om laasjaar se roete bietjie te wysig was die plan.

Twee saterdae gelede gaan ry ek toe bietjie oor Du Toitskloofpas, en stop ek op die heel boonste draai. Dis toe dat  ek die paadjie wat daarbo uitkom (wat nog altyd my in my oor laat krap het)van bietjie nader kon aanskou. So 20 meter  van die uitkykpunt af was vier rastafariers besig om te beoefen dit wat hulle watookal doen met hoenderboudjies en groengoud, en ek vra toe vir hulle, “nou kjerels, waarheen lei hierdie paadjie jou….”
Hulle antwoord:  “tot daar onder in die teerpad, meneer, Hawekwa Road” en daar en dan besluit ek om hom die volgende week in te werk in my planne.

Ek gaan soek hom toe die week op op Google Earth (ek het mos nie map-source nie) en hy lyk toe heel aangenaam op die satelietfoto.

Nou al wat ek basies wou weet is hoe om op hom te kom, hoe sy toestand lyk, of ek oor niemand se grond sou ry nie, of niemand my met n geweer en boerboel sou agternasit nie, en of ek n groep van bykans 40 fietse kan begelei op met die berg op hierdie manier, sonder om my eie gat te sien.

So ek beplan toe n Saterdag rondrits, in en om die Paarl, en ek bekyk die weervoorspelling. Getroue golfweather.com het my mos nog nooit in die steek gelaat nie……..”8am: light chance of showers, 12pm: cool overcast…..” en so gaan dit aan. Mens is geneig om net daarna te kyk, en dis mos oraait, maar mens neem nie graag in ag dat dit vir n hele week katte en honde in die Kaap gereen het nie.
 
Top