Goudgeel Tankwa

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
381
Reaction score
257
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
Goudgeel Tankwa

Agtuur die oggend het ons in die pad geval na die Tankwa. Die roete was af by Gannagapas, via die ou Africa Burn terrein en Tented Camp na die Oudebaaskraaldam.

_0 2022-08-15 Gannaga na Oudebaasdam.JPG


Vroegoggend af by die Gannagapas.

_a 20220815 0807 14 Storie .jpg


Die immerbekende uitkykpunt

_b 20220815 0842 58 Storie .jpg


En verder af

_c 20220815 0848 25 Storie .jpg




_d 20220815 0849 52 Storie .jpg




_e 20220815 0850 47 storie.jpg




Heel onder het die natuur vir ons ‘n standbeeld van klip gemaak.

_f 20220815 0854 27 Storie .jpg


Dit is nog vroeg oggend, die son was nog laag agter ons.

_g 20220815 0836 13 storie.jpg


Die eerste tekens van groen en geel . . .

_h 20220815 0911 Storie  DSCN2943.JPG


_i 20220815 0930 Storie  DSCN2946.JPG


Mens kan nie anders as om te stop en die plate geel blomme te bewonder

_j 20220815 0941 Storie  DSCN2949.JPG


_k 20220815 0942 Storie  DSCN2951.JPG


_l 20220815 0952 Storie  DSCN2960.JPG


_m 20220815 0952 Storie  DSCN2961.JPG


Van hier af na die ou Africa Burn terrein

_n 20220815 1018 storie DSCN2965.JPG


Ons het eers deurgery na die rantjie doer anderkant om die groot eland te bekyk.

_o 20220815 1026 Storie  DSCN2968.JPG


Hierdie is ‘n nuwe klipstapel sedert ek laas hier was.

_p 20220815 1032 Storie  DSCN2972.JPG


Die klipstapel wat vorige keer hier was, staan steeds!

_ps 20220815 1052 Storie  DSCN2989.JPG


Ook die Labarynth staan nog

_q 20220815 1037 Storie  DSCN2977.JPG


Maar die huilende wolf is flenters

_r 20220815 1050 Storie  DSCN2986.JPG


By die Tented Camp het ons 'n koue ene geniet, en sommer iets te ete gehad.

_r 20220815 1119 Storie  DSCN2998.JPG


‘n Verrassing was dat my agterband heel pap was en die voorband halfpad pad!
Die agterband het een groot lek gehad en paar klein plekkies rondom die groot lek.
Rede? Die bande is oud en ek vermoed die band is besig om te de-lamineer. Daarom lek lug iewers deur die karkas van die band tot onder die loopvlak en vind dan swak plekke om na buite te lek.

_r 20220815 1119 WA0019.jpg


Agterband het ek reggemaak met ‘n wurm.
Die voorband is ook oud en het ook ‘n area gehad waar baie fyn borreltjies deurgeslaan het. Ons het die voorband maar net hard gepomp en gery.
Al het die bande nog heelwat spoor (EO7 Rally bande), reken ek die bande is gevaarlik en ek het hulle vervang met nuwe bande. Hierdie stel EO7s het regtig baie lank gehou en baie goeie diens gelewer. Hulle was maar erg rasering noudat hulle oud is en die rubber seker hard geraak het.

Hiervandaan ‘n paar lekker stukke tweespoor tot by die Oudebaaskraaldam

_u 20220815 1301 33 storie.jpg


_w 20220815 1401 26 storie.jpg


_x 20220815 1401 Storie  xx.jpg


By die Oudebaaskraaldam was daar weer geel blommetjies so ver as wat jy kan sien

_y 20220815 1403 Storie  DSCN3001.JPG

_yr 20220815 1119 WA0018.jpg

_z 20220815 1407 Storie  DSCN3012 b.JPG


Ons het oor die dam se wal gery en moes bietjie padsoek om deur die grondwerke anderkant uit te kom.

_za 20220815 1413 59.jpg


Van hier af die roete na Tankwa padstal
_u  Oudebaasdam na Tankwa padstal.JPG


Verderaan nog tweespoor, selfs sanderigheid. Gelukkig was die sand redelik kompak ná die onlangse reën.

_zaa 2022-08-15 1410 00 Storie Effe sanderig.jpg


Ons wou graag met ‘n ompad via die nuwe Africa Burn na die Tankwa padstal ry, maar die hek was gesluit met ketting en slot. Dit was ‘n teleurstelling!
_zb 20220815 1433 14 Storie .jpg


Hiervandaan het ons maar reguit aangehou na Tankwa Padstal.

By die padstal het ons iets te drinke gehad en amptelik besluit dit was ‘n baie lekker dag se ry, die Tankwa op sy mooiste gesien en besef die Tankwa is altyd iets besonders om te ry.

Mens kan dit weer en weer ry.

_zd 20220815 1543 Storie  DSCN3015.JPG
 

Attachments

  • _u  Oudebaasdam na Tankwa padstal.JPG
    _u Oudebaasdam na Tankwa padstal.JPG
    83.2 KB · Views: 3
Last edited:
Top