Harley Davidson

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Probie

Race Dog
Joined
Dec 29, 2009
Messages
1,333
Reaction score
13
Location
Groot-Brak
Bike
AJS (all models)
Kyk ek het al baie motorfietse in my lewe gery en ek kan eerlik se daar was altyd iets omtrent 'n fiets waarvan ek hou en natuurlik waarvan ek nie hou nie.

Ek is regtig die tipe ou wat van motorfietse hou en lief is vir dit omdat ek dit geniet. Ek koop nie 'n motorfiets oor sy brand of omdat hy die beste diens lewer na die tyd nie , maar inteendeel koop ek iets waaroor ek mal is en dit voel amper jy kan nie sonder dit nie.

Jy weet waarvan ek praat. Almal wat al 'n motorfiets gekoop het, het al een of ander tyd so gevoel gehad. Die vraag is net of jy geluister het na jou gevoel of na die verkoopsman of pelle wat natuurlik beter weet en meer prakties is. Wel partykeer moet mens vergeet van die praktiese eienskappe van 'n motorfiets en jou gevoel of altans hart volg. Die fietse wat ek gekoop het want almal ry so fiets en dit is prakties het ek net so vinnig weer verkoop. Want ja dit was prakties en ja dit werk, maar is die wow faktor vir jou daar elke keer as jy hom sien. Indien nie, het jy verseker nie jou hart gevolg nie.

Wel kom ek kom terug by dit wat ek eintlik wil vertel. Ek het vandag die eerste keer met 'n Harley gaan ry. Net omdat ek dit nog nooit gedoen het nie. Ek wou eers nie gaan nie want volgens my vriende is Harley's vir die ander mense wat nie bikes ken nie. Ons almal ken al die grappe wat gemaak word.

Lang storie kort so kom ek by die fiets en dit is hierdie klein fietsie wat glo 'n 1200 is en word 'n 48 of so iets genoem. Ek nou kla nie lekker nie want ek twyfel reeds of ek moes opgedaag het en nou gee hulle my hierdie simpel fiets.

Boy o boy was ek verkeerd. Ek het skaars om die eerste draai gegaan toe smile ek so erg dat ek myself nie kon help nie. Ek het weer 7 jaar oud gevoel wat sy Kerfees geskenk oopgemaak het. Ek ry toe so ver en gaan draai by die huis om die vrou te wys. Ek was so lank weg dat ek die dealership bel en net se ek is nog ok en hulle hoef nie te worry nie. Lanklaas 'n salespersoon so hard hoor lag toe ek vir hom vertel hoekom ek so ver gery het. Want toe ek daar wegtrek by hom het ek gese ek ry net om die blok.

Ek was lanklaas so opgewonde oor 'n fiets. Dit is 'n fiets wat ek moet koop. Ek kan nie sonder dit nie. Wel nadat die finansies dit toelaat natuurlik.

Maak nie saak hoe min of hoe baie jy van 'n Harley hou nie. Ek deel net my ervaring met jou vandag. Glo daar is baie sulke stories daar buite.  Foto van die "klein" Harley wat ek gaan toets het.

 
5418f71f03ff13be96d4dc1ed8557d18.jpg


Sent from my SM-G930F using Tapatalk

 
Top