Hi

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

WP

Race Dog
Joined
Sep 27, 2011
Messages
2,182
Reaction score
9
Location
Pretoria East
Bike
KTM 990 Adventure
Dagse almal.

Ek het die eerste keer gehoor van die forum nadat ek julle ktm vs bmw trackday by Redstar raceway bygewoon het. Het 'n hele paar baie nice en vriendelike mense daar raakgeloop en dit was fantasties georganiseer. Het dit juis bygewoon omdat ek in die mark was vir 'n dual sport bike en nie kon besluit tussen die bmw F800GS en die KTM 990 Adventure nie. Needless to say ek het die regte keuse gemaak (nie noodwendig die slimste of mees koste effektief nie), maar wel die regte keuse, ek het die 990 Adventure gekoop.

Ek was tot en met die naweek nog huiwerig of ek by die forum sal aansluit, maar toe ek my fiets Saterdag Pro-action/Radmoto toe vat toe ontmoet ek vir Smokes daar en hy het my oorreed(weereens 'n baie gawe persoon).

Ek het grootgeword met 'n Italjet 50cc, waarna ek opgegradeer het na 'n 1974 Honda XL185s daarna 'n Lifan 200cc (Mors van my ouers se geld). Daarna het ek die padfietse aangedurf, maar net besef dit is nie heeltemal vir my nie(hulle gly heeltemal te maklik op die grondpad). Op die huidige oomblik ry ek 'n 1984 Yamaha Xt550, oorgedoen en opgegradeer na 'n 600 toe, 'n Suzuki SV650S en dan nou die nuutste KTM 990 Adventure, waarvan ek nog nie kon afklim sedert ek hom gekry het nie.

Ek bly in die ooste van Pretoria gebruik my fietse elke dag werk toe en terug en probeer oor naweke soveel motorfiets ry as wat die skoner geslag my toelaat.

 
Top