Hoe hanteer mens dit?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

barabas

Pack Dog
Joined
Mar 23, 2015
Messages
117
Reaction score
0
Location
Swellendam
Bike
BMW R1200GS
Vrek besig gewees op kantoor vandag en so half een besluit ek om n breek te vat en rustig oor die berg te ry Barrydale toe vir n lunch.
Ry rustig en geniet die scenery maar voor Suurbraak op n skerp draai en n effense blinde hoogte maak n motor n U draai reg voor my in.  Ek skrik my moertoe en trap die rem vas,  agterwiel sleep baie meters,  partyplekke die voorwiel ook,  ek het feitlik geen beheer nie maar met geluk mis ek die kar en hiers ek om die storie te vertel.
Ek sou beslis minstens in die hospitaal gewees het of dalk gladnie hier gewees hetn om te vertel nie.
My vraag is ....  wat se ek vir die idioot wat voor my ingery het?  Hy weet dat hy absoluut stupid was en sonder om te dink my en ander padgebruikers se lewens in gevaar gestel het?
Ek wou hom aanrand,  vloek en sy kar vol duike skop maar wat sou dit help?  Absoluut niks - ek het in elk geval te groot geskrik!
Sy fout kon my lewe gekos het.  Ek is steeds die moer en bewerig geskrik maar ek besef weer dat ons bikers eintlik maklike teikens is van dom bestuurders!
Dis vakansietyd en ons kry baie besoekers hier in die kaap,  kom ons almal wees ekstra versigtig sodat almal veilig deur hierdie fessseisoen kom.


 
Top