Hoekom dan so min 2-wielers in die swaar verkeer?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Doringboom

Race Dog
Joined
Sep 14, 2006
Messages
610
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
Suzuki DL 1000 V-Strom
Ek praat maar min, maar ek wil tog vandag ‘n paar woorde uiter:

Vanoggend ry (“lane split”) ek met my skoeter vir kilometers deur opgedamde, stilstaande verkeer hier in Pretoria oppad werk toe. Die rede vir die opdamming: ‘n dooie verkeerslig in Arcadia.

Terwyl ek so ry, wonder ek: Hoekom sien ek beswaarlik ‘n ander skoeter of motorfiets? Al wat ek sien is mense agter die stuurwiele van hulle blink karre en SUV’s, meestal sonder enige passasiers. Wat sal tog die rede hiervoor wees? Is motorfietsry of skoeterry dan geen werkbare opsie nie? Of is daar dalk ‘n ander rede:

1. Moes die oom of antie dalk kort vantevore die kinders by die skool afgelaai het?
2. Is daar dalk groot of swaar bagasie in die kattebak wat moet saam werk toe?
3. Is skoeterry of motorfietsry dalk “uncool” of kommin vir die oom of antie (die “image” faktor, jy weet)?
4. Is skoeterry of motorfietsry dalk te gevaarlik vir die oom of antie?
5. Het die oom of antie dalk die gebruik van sy/haar kar later nodig by die werk?
6. Is dit dalk ‘n gesubsidieerde kar en moet die oom of antie ‘n sekere aantal amptelike kilometers per maand op die klok sit?
7. Of is alle skoeterryers en motorfietsryers lankal alreeds by die werk ;D

Genade tog, ek wonder maar net! Hoekom tog so sukkel in die verkeer?
 
Top