Parkinoff
Race Dog
Ek het uiteindelik n stel Excell wiele gekry! Nou kan ek een van my stelle oorspronklike HP2 wiele verkoop. Ek wil die stel verkoop wat gebruik is, geen smileys nie maar n paar krappe. Speke almal mooi styf en rims loop reguit. Met disc of sonder, onderhandelbaar. Ek het ook n 19" ADV voorwiel wat verander is om net 1 disc te pas - lugs is afgemasjineer. Die 19" loop lekker op windey teerpaaie met motard tyre, ek het voorheen met n ander 19" baie teer gery . Die ekstra stel wiele is ideaal vir julle ouens wat race met die HP2's. Hou jou mooi rims mooi en gebruik hierdie rims vir race.