i Ingelsman, n KLR, en die water berge

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MRK Miller

Pack Dog
Joined
Feb 24, 2014
Messages
419
Reaction score
0
Location
Springs
Bike
Kawasaki KLR 650
Hoe gelukkig kan n man wees om vir n maatskappy te werk wat in die tye  soos die nog kan iutbrei. Die masjiene word van oor die see ingevoer, en natuurlik moet die nodige verteenwoordigers van die maatskappy saam kom van oor die see af, vir die instalering. Saam bring hulle ander uitdagings, en geleenthede saam.
Ek is altyd op die uitkyk vir geleenthede om sulke mense se verblyf in ons land iets spesiaal te maak. Ons raak aant prate en ek spog met fotos van my en Monica se soeke na die punt van die reenboog avontuur. Julian die een Ingelsman is baie belangstellend en vertel my hy het ook n motorfiets doer oor die see. n Lang, lae profiel, blink model.(harley). Ek maak die voorstel of hy dalk sal belangstel in n Afrika grondpad avontuur op n motor fiets. Hy het nog nooit regtig grondpad gery nie, want daar waar hy vandaan kom is nie eintlik grond pad nie. Ek oorreed hom met die waarborg ons sal rustig ry op die grondpad. Hy stem in en planne word gemaak. Wakker stroom is eers die mikpunt maar dit word vrek koud daar die tyd van die jaar en ek was nog nie daai rigting nie. Wil nou nie my naam met n plank slaan nie. Waterberg word toe die mikpunt aangesien die tyd van die jaar die weer lekker is daar en die reën is skaars, baie skaars. Boon op het ek nie te lank terug n lekker avontuur saam goeie vriende daar beleef. Sal min of meer selle roete volg
Monica ry saam. Sy gaan in beheer wees van my lysels dat ek nie die Ingelsman aanjaag nie,ennookvandiespyskaartendiepadkos. Ongelukkig kan ons eers die Saterdag oggend wegkom, aangesien ons alby Vrydag nog werk. Die roete is uitgewerk. Teer tot net anderkant Nylstroom, Van daar klim ons grondpad. Sal Julian genoeg tyd gee om die fiets gewoont te raak, reken ek. Hy kry vir hom n leer baaitjie, handskoene en n valhelm. Vrydag aand slaap hy by ons oor, want Sat vroeg wil ons pad vat. Kinders word afgelaai by vriende.
Sat oggend is dit vroeg op en die fietse word gepak.

Ons ry lig want ons slaap net een aand oor by nylstroom oornags plaas. Laaste koffie word geniet voor die koue aangedurf word. Het die globale posisinerings sisteem terug gekry nadat hy ingegee is vir reperasies en ek hou duim vas hy is reg. Onsry verby Bapsfontein en ek hunker al klaar na n paar fotos. Wil seker maak Julian het genoeg om die mense by die hius te gaan wys. Ek ry vooriut op die pad en trek voor af en wag. Dankie tog, Monica en Julian is gevang agter n trok en dit gee my kans om die kamara iut te kry. Hulle moet net iutkom voor hulle by my kom anders kan ek hulle nie agter die trok afneem nie. Hulle kry dit darm reg en ek vang Monica mooi. Julian vang ek ook, n bietjie verder weg.
Monica ry toe voor, soos ons afgespreek het en dat Julian haar dan sal volg, as ek wil fotos neem en misgis haar met die afdraai net na Q-sera.Ek ry trek ore plat om haar inte haal. Kry eers vir Julian wat agter haar aangery het en wys hy moet omdraai. Vang toe vir Monica en wys sy het bietjie vroeg afgedraai. Sy is effe mismoë, maar ek beur haar op met my tower glimlag. Ons vorder goed tot op Rayton waar ons stop om gou iets by Stefan te gaan afgooi. Julian is opgewonde en kla net bietjie oor die handskoene wat nie eintlik sy hande warm hou nie, en sy fingerpunte wat hy nie kan voel nie
Van Rayton mik ons Cullinan toe, en dan Moloto. Die ergste koue is agter die rug hier verder noord en ons kan die wereld en omgewing bietjie meer waardeer. By Mamalodi draai ons links op die R567  Rust de winter toe. Ons mikpunt vir nou is warmbad. Dis mos alles teer tot daar toe. Netso meneer netso oortuig my onderbewussein my. Ons ry lekker op die pad van Moloto af aangesien dit vroeg is en daar nie baie verkeer is nie. Ek neem ook die geleentheid om n paar fotos te kry van Julian terwyl hy tuis raak op die KLR.

Bêre vereers die kamara en vind genot in die omgewing en die vars bosveld lug wat ek onder die kopdop diep inasem. Sien met eens iets wat lyk soos n standbeeld van n mooi koedoe bul nie te vêr van die een plaas hius af nie en dink by myself. Die boer is desperaat vir wild op sy plaas, dat hy standbeelde opsit. Seker om die toeriste te flous. Ek is al heel verby toe die standbeeld skielik beweeg en ek trek my nek amper n spasma soos ek despiraat is om verder om die kopdop se kant te kyk. Wou nog stop maar besef Julian en Monica is agter my en ek kan nie sommer net brieke aanslaan nie. N fantastiese foto daarmee heen. Plaas ek gestop het vir die lewende standbeelp foto. Hy het so mooi geposeer op n miers hoop. Ai tog. Ons ry aan en ek verwyd myself nog so rukkie net om dit goed in te vryf. Ons verby die Vergenoeg myn waar die ape soos wafferse werwings personeel sit en wag ingeval iemand kom werk soek. Dis wat Monica ons meegedeel het,is haar weergawe so ent verder waar ons gestop het vir n benerek. Daar het ook n Toyota gevorderde drywer kepsie gesien wat in die pad gelê wat ek toe maar geëien het vir my seun aangesien hy so erg oor sy pa se Toyota is. Die gps werk nog en hy wys regiut aan. n Pad wat ek nog nie gery het nie, maar die aarde applikasie sê dis teer tot op warmbad. Monica vat n rookbreukie en ek probeer my bes om die droogte te verlig. Julian neem n paar foto's, en is beindruk met die apies (werwings personeel) en die wild wat ons tot dusver gesien het.
Hy het darm ook die kudu gesien, want hy was agter. n Toer bus van sort gaan ons verby en ry reguit in die rigting wat ons ook beplan. Ja die pad moet teer wees. Daai bus gaan sekerlik nie grond ry nie. Maar ek het die avontuurlus van sy drywer en insittendes onderskat. Seker so kilometer toe draai ons links sê die gps, en toe is hy daar. Die grond pad. En die bus se spore is jou waarlik daar deur. Dis nie n slegte pad nie, en ons vorder goed. Tot by die eerste water/moddergat. Ek onthou nie van enige reën onlangs nie. Ek kon seker nie soveel verligting aan die droogte gebring het nie, as mens so kyk na die grote en hoeveelheid water. Monica is nog nie reg vir dit nie en ek ry haar fiets deur.
Julian is hier vir avontuur, en gaan nie die avontuur deur sy hande laat glip nie en ry sy eie fiets deur.
Nee wat oor hom hoef ek my nie te komkommer nie, hy's reg. Daarna kry ons nog so tien van die modder/ watergate en ek is versigtig trots op my droogte verligting poging. Dis langerige grondpad wat ons vat tot by Kwalitho. Ek gebruik die geleentheid om nog n paar fotos agter die blad te kry van Julian en Monica in aksie. Iets wat later my in die agter end sal pik.
 

Attachments

  • Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (104).JPG
    Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (104).JPG
    148.3 KB · Views: 328
  • IMG_1080 - Copy.JPG
    IMG_1080 - Copy.JPG
    172.2 KB · Views: 318
  • Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (114).JPG
    Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (114).JPG
    151.2 KB · Views: 308
  • Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (113).JPG
    Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (113).JPG
    133.2 KB · Views: 325
  • Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (112).JPG
    Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (112).JPG
    134.9 KB · Views: 329
  • Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (110).JPG
    Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (110).JPG
    149 KB · Views: 330
  • IMG_1084 - Copy.JPG
    IMG_1084 - Copy.JPG
    117 KB · Views: 336
  • Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (108).JPG
    Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (108).JPG
    151.5 KB · Views: 327
  • Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (106).JPG
    Riding Keith, Monica and Julian 04062016 (106).JPG
    140.7 KB · Views: 312
  • IMG_1082.JPG
    IMG_1082.JPG
    112 KB · Views: 317
Top