Johann van Loggerenberg

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

matt

Pack Dog
Joined
Jan 20, 2009
Messages
113
Reaction score
2
Location
Bloemfontein
Bike
BMW R1200GS Adventure
FOURIESBURG. – ’n Bobaas-joernalis wat diep spore in motorjoernalistiek in Suid-Afrika getrap het, is tragies hier in ’n motorfietsongeluk in die distrik dood.

Mnr. Johann van Loggerenberg (59), redakteur en uitgewer van Leisure Wheels, het die naweek aan die BMW GS Eco-uitdaging deelgeneem. Hy woon in Johannesburg.

Volgens sy seun Jaco (26), skakelbeampte van Hyundai Suid-Afrika, het sy pa en ander motorfietsryers van Clarens na die Gariepdam gery.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê Van Loggerenberg het Saterdagoggend op die Sandstone-grondpad buite die dorp beheer oor sy BMW 1200 GS-motorfiets verloor en geval.

Volgens sy seun het hy vermoedelik op los sand gegly.

“Hy is weens interne beserings op die toneel oorlede.”

Van Loggerenberg het ’n baie suksesvolle loopbaan as ’n joernalis gehad.


RIP ons dink aan julle in die tyd  :'(




 
Top