Kaap na die HEL

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MOL

Joined
Aug 6, 2012
Messages
9
Reaction score
0
Bike
BMW R1200GS Adventure
Jis ja,

Hierdie is my eerste post so ek vra sommer nou al versskoning vir wat ek verkeerd mag doen of se, maar ek deel graag ons trippie oor die naweek met almal.

So twee weke gelede het ons besluit dis tyd vir n weg breek sessie en besluit op die hel. Johan(Tai) werk vir ons die roete uit en Saterdag oggend half sewe kry ons mekaar by die Engen 1 stop.Ek die twee Johanne en Charles. Nou voor ek verder vertel moet ek seker eers se wie ry wat. Ek,Charles en Tai op GS adventures en Johan op die KTM 990 R. Ons maak die bikes vol. Vat n koffie en bespreek die pad vorentoe. Sewe uur spring ons weg oppad na Touwsrivier. Die windjie is koud maar dit pla ons nie veel nie want ek dink ons almal is so opgewonde ons kon net nie wag om op die grond pad te kom nie. Die manne het biejie swak beplan en die coolbags wat hulle ingepak het moes eers vol kom. Terwyl ons vir die mans winkel wag op Touwsrivier wag, teug ons maar solank aan die soetwyn wat in die flesse is. Hoe moes ons nou weet die nuwe drank wet se die winkel mag eers nege uur oopmaak. Wel met die coolbags vol spring ons net na nege weer weg. As ek dit nou nie mis het nie draai ons so +-15 kilos na Touwsrivier af op die Konstabel grond pad oppad na Floriskraaldam. Weer word daar gestop om eers seker te maak die keel kry nie te veel stof nie. Iets wat ook n hele paar keer deur die dag gebeur het. Ons praat ook oor die weer wat toe nie so lekker lyk as wat ons gedink het nie, maar steeds pla dit niemand nie

Terug op die Bikes kom ons agter die grondpad is baie mooi met plassies water wat plek,plek le. Maar ons kan n goeie spoed handhaaf. Omtrent elke 5-7 kilos kry jy n motorhek, maar verder loop alles mooi. By Floriskraal dam stop ons vining. Neem n paar fotos, eet n vetkoek en chips(Touwsrivier gekoop) en stoot weer aan na die Dwyka rivier en hier verander die motorhekke na hekke. Maklik 25 van hulle. Langs die pad sien Tai n ou kar en besluit dis n foto geleentheid. Dis net hier waar dinge amper intresant raak want ek en Tai beleef so oomblikkie wat eintlik heel onnodig was. Na n lekker gelag en spottery is ons weer in die pad. Omtrent so 80kilos voor Prins Albert kom ons by n toe hek en my moed sak sommer. Ai, ek is nie nou lus om N1 toe ry en dan met die teerpad Prins Albert toe nie. Gelukkig is daar n sel nommer op die hek. Nie een van ons het opvangs nie. Johan is vir n oomblik gelukkig en kom deur. Die foon lui een keer. Hier sit ons nou. Wat nou? Net toe ons besluit om maar om te draai en te ry tot by opvangs. Kom die boer daar aan, vertel ons hoe hy sukkel met vee diefstal en stap na die hek om hom oop te sluit. Die slot wil nie oop nie! Hy moet eers terug ry en die porta-pack loop haal. Hy kom terug, sny die ketting en na omtrent n uur se wag is ons weer in die pad. Nou raak dit laat  en ons is bang die tyd gaan ons vang, so ons stoot maar aan. Gekom by n plaas opstal draai ons regs en gooi kole. Weer kom ons by n vurk in die pad. My gps se regs, Tai sin se links.  Ek ry so ent aan en kry n jong met een moerse blink 9mm pistol aan sy sy. Hy vertel my die pad daardeur is gesluit en ons kan nie daardeur nie. Ek besluit toe om nie met hom te stry nie en draai om om die ander te vertel. Nou moet ons om draai. Terug by die eerste opstal kry ons nog n ander pad. Gelukkig vat hierdie ons na die pad van Prins Albert. In die dorp gooi ons gou weer sous, laat weet vir mamma alles is nog ok en spring weer in die pad. Nou die Swartbergpas. Die mooiste uitsigte kruip weg agter elke draai. En elke een raak net beter en beter. Op die kruin Is n piekniek bankie en ons moet eers weer stop.

Terwyl die ander manne hulle lafenis vat krap ek in my top boks rond en kom op n onplesierige bedryf af. My Braai spice se deksel het af geskud en alles ruik soos tjops!!! Daar is niks wat ek nou daar aan kan doen nie. So 3 kilos van die Piekniek bankie af draai ons af in die hel in. En n uur en half se hard konsentreer begin. Nou kyk as jy gedink het die uitsig van die swartbergpas af is mooi, dan gaan die gamkaskloof jou stomslaan. 42km se draaie en swaaie,water stroompies en brue verder kom ons by die restaurant onder in die hel aan. Ontmoet n ander span manne van Somerset-wes. Eet n vars gebakte brood met self gemaakte adamsvy konfeit en geniet die laaste bier van die aand. Van nou af gaan net n Whisky die dors les. Maar eers moet kamp opgeslaan word. Na die tente staan word daar vleis gebraai, Lekker spare ribs, Steak, Skaap tjops, Braai brood en knoffel Pitas. Man ons hou van kamp in styl. Met die stilte verloor jy tyd en voor ons kon se lem is dit een uur die oggend. Ek en Charles moes mekaar toe maar oorreed om te gaan slaap, want toe sit ons al op ons derde loop dop en more gaan nie maklik hieruit wees nie.

Sondag oggend begin ons so een vir een opstaan, na twee poepholle hulle selfoon se alarms aan vergeet het.(lees mol en tai) Toe ek uit die tent kom het Johan klaar begin met die koffie, dit is nou net die ding wat n mens nodig het vir die dag wat voorle. N lekker koppie moer koffie en n paar beskuitjies. O ja, ek sal julle se. As iemand by Johan se huis moes inbreek oor die naweek sou hy net die banke daar gekry het want die res van die goed het hy saam gebring. Ons begin toe maar kamp afbreek. Ek kon nie gaan stort nie, want as ek my sou afdroog gaan ek soos n tjop ruik van die vorige aand se braai spice episode, my handoek was ook in die slag. Ek vat toe maar n bos stort. Nuwe onnie, spuit goed en voel weer soos n nuwe mens. Ons besluit om so bietjie verder die hel in te ry tot by die ou meesters huis en skool. Vat n paar fotos en vat weer die pad uit, man dit gaan lekker op die paadjie, my ou maat Charles jump een van die spoel walle en beland amper in die bos maar kry die ou darm in die pad gehou. Om die een of ander rede kom ons toe vinniger uit as wat ons in is. Dit moes iets te doen gehad het met die lee coolboksies. In elk geval ons draai toe af Oudshoorn toe en word met een van die mooiste uitsigte begroet toe ons oor die Kruin kom. Onder in die valley le km’s lande wat net soos n legkaart lyk van hierbo af. Onder in die vallei besluit ons om Oudshoorn n skip te gee en draai af na Groenrivier toe oppad Calitzdorp toe, alhoewel Tai laag op sous is vat ons maar die kans. Ons ry vir n groot gedeelte van die die pad langs die Swartberg private nature reserve. Magtag maar dis mooi hier. Die pad is vol draaie en swaaie en n mens kan nie rerig vinnig ry hier nie want jy weet nie wat om die draai wag nie. In Calitzdorp maak almal weer vol en die oor word word gedraai. Ons is nou al almal redelik moeg en wil by die huis kom. Maar eers moet ons in Barrydale stop om iets te pik. Johan is vining uit die bloke en stoot solank aan want in Montague moet hy weer vol maak die ou KTM het mos maar nie n groot tenk nie. Ons kry hom daar en stoot weer aan. Voor Worcester draai ons weg en skiet deur Rawsonville. Johan se hy het n ander afspraak en gaan maar deur die tonnel gaan. Die res van ons besuit om die berg te kom. Net so laaste bietjie sports voor ons weer terugkeur na die boring stad toe. Maar die naweek  se herinnering sal vir altyd bly.

Ek probeer ook om so paar van die fotos te laai. Soos ek se, hierdie is my eerste post. So moet my nie kruisig nie. (Ag nee, Ek kry nie al die fotos op nie.)

Mol out!!
 

Attachments

  • 20130420_093711.jpg
    20130420_093711.jpg
    83.7 KB · Views: 426
  • 20130420_160312.jpg
    20130420_160312.jpg
    231.9 KB · Views: 407
  • 20130420_155619.jpg
    20130420_155619.jpg
    261.1 KB · Views: 411
  • 20130420_155312.jpg
    20130420_155312.jpg
    282.5 KB · Views: 418
  • 20130420_154547.jpg
    20130420_154547.jpg
    267.1 KB · Views: 450
  • 20130420_125702.jpg
    20130420_125702.jpg
    215.6 KB · Views: 424
  • 20130420_112903.jpg
    20130420_112903.jpg
    327.7 KB · Views: 431
  • 20130420_112821.jpg
    20130420_112821.jpg
    196.6 KB · Views: 425
  • 20130420_105851.jpg
    20130420_105851.jpg
    85.8 KB · Views: 426
  • IMG-20130421-WA0012.jpg
    IMG-20130421-WA0012.jpg
    156.9 KB · Views: 430
Top