KAMMANASSIE RONDRY NA EAGLE FALLS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,736
Reaction score
503
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Saterdagoggend vroeg is ek al op en begin my goed regkry.  Ek en ChrisL wil weer 'n draai gaan ry, dié keer net 'n twee-dag rit met 'n oorslaap by Eagle Falls naby Uniondale.  Net om my dag te wil-wil bederf moet ek inderhaas eers werk toe om 'n bevoeterde pakmasjien te gaan uitsorteer.  Soos wat boerbokke daarvan hou om Sondae middae uit te breek, so is dié masjien se tyd weer Saterdae oggende voor ek wil gaan bike ry.  Dit werk nou maar net so.

Uiteindelik hier weg kom ek byna uitasem gery by Chris-hulle, maar die atmosfeer is rustig en ek begin ontspan terwyl Amanda eers 'n uithaler ontbyt voorsit.  Daar weg ry ons toe allerhande agterpaaie tot op Albertinia, en koop twee "plain" roosterkoeke by die stalletjie by die petrolpomp om later te eet.  Dis maar R8.00 vir een, en as die UN van dié te hore moet kom sal hulle beslis na dit toe oorslaan om die hongersnood in Oos-Afrika te stuit.

Die roete:
RouteMap_zps99bab687.jpg


By Kleinberg-stasie draai ons links af van die N2 en zig-zag verder met plaas- en agterpaaie in die Brandwag area.  Later weer op die teerpad om oor die berg te kom.  

Water-stop in die Robinsonpas:
IMG_0001_zps32d5a8ec.jpg


Na Robinsonpas draai ons regs af op die Mount Hope / Zebra pad, en oor die teerpad weer af met Heimersrivier verby groot volstruisplase.  Effense rooi-albaster op seker dele van die pad, maar ons kom deur en begin draai later berg toe.  Kort voor lank staan die rooi "Eagle Falls" bord langs die pad, en 'n klipperige 3km later kom ons by dié pragtige plek aan.  

IMG_0466_zps9db00bf3.jpg


IMG_0468_zpse6035e02.jpg


IMG_0470_zps3c34ad04.jpg


IMG_0480_zpsc1bbc7c2.jpg


Die eienaar, Michiel, is baie gasvry en bied aan dat ons sommer langs die kuier-area kan tent opslaan aangesien hulle taamlik vol geboek is weens die Karoo-to-Coast fietsryers.

IMG_0472_zpsf8e434f8.jpg


IMG_0473_zps193ac6d0.jpg


Die aand braai en kuier ons lekker, en kort-kort is daar 'n trapfietsryer wat 'n geselsie kom aanknoop en duidelik begin twyfel oor of die trapfiets-ding werklik vir hulle is.  Die motorfietse lyk baie aanloklik op die vooraand van die volgende dag se swaarkry!

Die volgende oggend is ek vroeg wakker en stap sommer 'n draai met die kamera voor ons begin oppak.

IMG_0478_zpsf44c882d.jpg


IMG_0482_zps95ad9986.jpg


IMG_0489_zps83277b68.jpg


IMG_0507_zps588a1f23.jpg


IMG_0510_zps2e504a17.jpg


IMG_0524_zpsfdde2f3e.jpg


IMG_0537_zpsb73ebb81.jpg


IMG_0545_zps1205ce0a.jpg


IMG_0530_zpsb865db5c.jpg


Ons gesels vir oulaas met Michiel oor 'n koppie koffie, en begin vat weer die pad.  Dit was 'n besondere voorreg om by die mooie plek te kon oorbly en kan dit regtig aanbeveel.  Al teen die Kammanassie-berg ry ons terug, later by Dysselsdorp draai ons suid verby die Kammanassiedam.

IMG_0003_zpsed0e4760.jpg


IMG_0004_zpsefa8d925.jpg


In Oudtshoorn gooi ons petrol in, en in die Volmoed distrik stop en vertel ChrisL gereeld van sy jong dae hier op die plaas waar hulle gebly het.  Ook van 'n skoolmaat wat bang was vir Matriek skryf en toe vir twee weke in 'n grot gaan wegkruip het, terwyl Chris vir hom moet kos neem elke dag!

Ons roete huiswaarts is met die Paardebond pad.  Hier en daar 'n hek, maar een van my gunstelinge en ons stop vir 'n middagete-breek by die Uitspan kruising oor die Gouritsrivier.  Michiel het ons vertel dat Eagle Falls se water na die Kammanassiedam loop, en natuurlik daarvandaan na die Olifantsrivier, wat later die Gourits word - so ons sit toe weer langs "dieselfde" water.

IMG_0005_zpse0794e6c.jpg


IMG_0006_zps9f62e39a.jpg


Buite Vanwyksdorp stop ons by die T-aansluiting.  Dat Ladismith se buurdorp nou wragtag nie ons naam kan reg spel nie gaan my verstand te bowe.  Die "Ladysmith" wat die bord aandui is darem nog wyd se ry...  Ek en Chris groet en hy's suidwaarts af in die rigting Langberg en dan Muiskraal/Carciapas terug Stilbaai toe.  Ek draai regs en kom tuis met heerlike oxtail in die pot, en tot die gras wat gesny is!

Fluit-fluit.
 
Top