Kobus Myburgh
Grey Hound
Tydperk : 19 - 21 Desember
Dag 1: Mosselbaai - Calvinia
Dag 2: Calvinia - Prins Albert
Dag 3: Prins Albert - Mosselbaai (wat insluit Hel toe en terug)
Totale afstand: +- 1458km
Toer gradering: 11/10
Vrywaring: Daar is nie in een plaasdam geswem nie!
Ek wens ek het oor die woordeskat besit om die toer die geregtigheid te bring wat dit toekom, maar Afrikaanse opstel was nog nooit een van my sterk punte nie.
Ek laat julle dus eerder met 'n vinnige slideshow van 'n paar oomblikke vir ewig vasgevang. (Wees net bietjie geduldig, moet gou uit figure hoe om dit te doen, en my slideshow skills is nog nie so lekker nie)
Ek sal ook soos ek tyd kry 'n bietjie meer detail gee.
[youtube]https://youtu.be/Iij_QOHsthc[/youtube]
Vir my gaan enige trip oor waarmee ek terug kom, maw wat het dit vir my beteken. Hierdie keer was dit so baie dinge, maar die volgende staan kop bo skouers uit:
- Goeie vriende is skaars. Ek was bevooreg om saam met manne te wees wat die belangrikheid daarvan op 'n natuurlike wyse uit leef. Die is manne wat jy saam oorlog toe neem. Manne wat jy in die middel van die nag kan bel en vir jou 'n plan sal maak!
- Groot manne (en ek bedoel dit nie figuurlik nie, maar uit 'n Namakwalander se beskrywing) wat nie skaam is om in die publiek die Here te dank nie. Dit is prysloos!
- 'n Pragtige verhouding tussen Pa en seun. Dit sal vir my as voorbeeld dien met die verhouding met my eie seuns in die toekoms.
Baie dankie Bikerjan vir 'n epic trip!
Party keer moet 'n ou maar in die Hel gaan draai om net weer die pad Hemel toe te sien.
Sent from my iPhone using Tapatalk