Klein Karoo met 'n Road King

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Nokka

Puppy
Joined
Sep 15, 2013
Messages
10
Reaction score
0
Location
Durbanville
Bike
Harley Davidson (all models)
Met net 'n halwe week van jou somervakansie nog oor, het daardie idilliese road trip planne van laasmaand vinniger verdwyn as die smaak uit 'n twee dag oue Krismis trifle. Amper middel Januarie alreeds en daar's net vier dae oor voor jy weer terug op kantoor moet wees. Dit kom nou daarvan om "gou 'n paar teëls uit te haal en plankies in te sit." Is dit nog die moeite werd om die perd op te saal en Oos-Kaap toe te tjaarts? Natuurlik. Pak solank die saalsak, ou boet.

[Net op hierdie side note: As Riaan die Nutsman op TV sê dis 'n vinnige, maklike joppie om laminates op jou vloer in te sit, gaan sit eers en dink mooi. Hoekom is sy kop so kaal? Van vinnige en maklike joppies in en om die huis doen? Daardie "naweek-takie" het toe tien dae geduur. Maar hei, ek het nog altyd stadig gesaag.]

Oudtshoorn-20140109-00335_zpsac187f6a.jpg


Dag Een
Durbanville - Oudtshoorn, 560 km

Na nagte se harde beplanning is daar op 'n roete van die Kaap af Jeffreysbaai toe en terug weer besluit. Basies die R62, maar met so veel as moontlik bergpasse tussenin.

Vir middel Januarie was die Kaap skielik sopnat. 'n Stelsel is reeds oor en het amok gemaak in die Suid- en Oos-Kaap, en nog een is vandag in aantog. Wel, toe ek die fiets uittrek, is die lug alreeds grys en begin druppels te val. Nie juis mal oor 'n ryery in die reën nie, maar ons klim op en druk die neus Paarl toe.

Durbanville-20140109-00308_zps6a0eeb82.jpg


Bo-op Dutoitskloofpas is dit koud en die sig nie ver nie. Maar dis middel van die week en die pad is nie te besig nie.

IMG-20140109-00313_zps0634cf80.jpg


Anderkant af en dan is dit deur Worcester en oor De Wet se "straight", De Doorns toe. Op die pad by die dorp is daar nog merke in die teer van die bande en goed wat die stakers vroeër daar aan die brand gesteek het. Weird dat die polisie mense toegelaat het om 'n openbare snelweg tot stilstand te brind en belastingbetalers, wat vir die pad betaal het, deur die dorp moes ry.

Anderkant De Doorns doen ek my eerste lunch stop.

IMG-20140109-00315_zps14ba0311.jpg


Dis 'n lekker padstal en dis nogals besig. Vol jong boertjies wat hul termynmarkte se pryse bespreek en op iPads woel. Nie heeltemal jou Bothaville plaas scene by die Koöperasie nie.

Dan ry jy teen die Hexrivierpas uit. Daar's meestal twee tipes passe in die land: Die gewone bergpas wat een kant op en die ander kant weer af gaan; en dan kry jy ook die eenrigting-passe, soos die Hexrivierpas, wat net op gaan. Dis die passe wat op na die plato gaan. Die Long Tom pas is nog 'n voorbeeld, en Sani. (Daar's 'n derde tipe pas ook, maar hy's skaars en ek kom later by hom.)

'n Kilo of drie anderkant die Hexrivierpas draai jy regs af na Montagu toe.

IMG-20140109-00316_zps718e257d.jpg


Dis 'n heerlike stil paadjie en benewens twee lekker passe (Burgers- en Rooihoogtepas) ry jy boonop deur die Koo-vallei, 'n stukkie groenigheid ingedruk tussen die bergrante in 'n andersins tipiese Karoo-landskap. Veral die Burgerspas is lekker. Halfpad af is 'n goeie inligtingsbord, iets wat ek nog nie op ander passe in die land gesien het nie.

IMG-20140109-00319_zps15b586d6.jpg


IMG-20140109-00320_zpsd35a2178.jpg


Op Montagu maak ek vol, en dan's jy eindelik op die R62 vir die langverwagte Route 62 road trip se amptelike begin! Dis lekker koel weer hier rond, net voor die groot reën, en die pad is fantasties. Maar ek ry net 'n kort entjie, tot by Barrydale, dan is dit weer regs af met die R324 deur Suurbraak na die N2 net buite Swellendam.

Barrydale-20140109-00323_zpseb7d842a.jpg


Dis die Tradouwspas, 'n platterige pas met 'n klomp skerp draaie en baie watervalle wat al langs die pad uit die berg spuit. Verby die pas is daar ‘n geteerde kortpad na Heidelberg, maar ek mis hom heeltemal. By die N2 draai ek links na Riversdal. Die pad is nou besiger, maar die meeste verkeer is terug Kaap toe op pad.

Links van my lyk die weer steeds maar sleg: donker wolke en reënvlae wat laag oor die berge lê. Hier op die N2 drizzle dit steeds, maar ek byt vas. By Riversdal gooi ek links na Ladismith, en begin dadelik opry teen die Garcia’s-pas.

Met die baaik is die pas heel anders, maar omdat dit so nat is, ry ek stadig. Bo en anderkant uit is die wereld sopnat. Die rivierlope is vol. Dis breed en vol bruisende bruin water, oral langs die pad. Hier en daar is 'n brug ook halfpad verspoel.

IMG-20140109-00329_zpse45011f5.jpg


IMG-20140109-00330_zps4c846007.jpg


Die pad loop in ‘n breë kloof al langs die rivier. Dan’s dit weer regs by die T-aansluiting met die R62 en jy’s amper by Ladismith.

Die Road King se juice raak al weer min, maar ek maak my somme en sien ek sal Oudtshoorn net-net kan haal as ek mooi ry. Ek kry so 350 km uit ‘n tenk tot wanneer hy in die rooi is – dis so 4,6 liter/km, wat ek dink heel goed is vir 'n  1580 cc enjin. Maar ja, met ‘n Harley ry jy maar rustig.

Dan's dit deur Ladismith en toe raak die pad al mooier. Die R62 hier rond is nog die ou, smal stuk teer sonder ‘n skouer. Kort hierna kry ek die Huisrivierpas.

IMG-20140109-00333_zpscac42f6f.jpg


Dis ‘n steil en kronkelrige ene, maar ook kort en kragtig. Dis die derde tipe pas waarvan ek gepraat het: ‘n omgekeerde pas, af en op pleks van die gewone op en af. By die Huisrivierpas gaan jy eers skerp af en oor twee brue voordat jy weer anderkant uitry. Dan kry jy Calitzdorp, en 50 km verder is dit Oudtshoorn, uiteindelik.

IMG-20140109-00334_zps815d230f.jpg


Ek’s nogals bly om die volstruisdorp te sien, want dit was ‘n lang dag in die saal. Ek het ‘n jaar gelede hier in Oudtshoorn by ‘n backpackers oorgebly toe ek die Kango marathon kom hardloop het. Ek kry die plek (Shanti) weer maklik en kry ‘n kamer. Goedkoop en skoon, soos altyd.
 
Top