KTM Courier Service

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dangaboy

Pack Dog
Joined
Nov 22, 2007
Messages
93
Reaction score
0
Location
Die Valley called Kempton
Bike
KTM 950 Adventure
My pa bel my so 3-weke terug en reken my sy 1980 computer wil nie meer werk nie. Blykbaar is dit die seeweer se skuld... :laughing4: Ek reken toe nee dis die feit dat daar nie eens meer memory vir sy ark gemaak word nie. So toe besluit ek maar om vir die toppie 'n laptop te koop. Enigste ding is ek is in JHB, en hy in Uvongo. Ek le toe en poep ruik een oggend en besluit om sommer die ding vir hom af te vat. Ek het mos 'n 3-weke oue bike!  :mwink: Ek haat dit om op highways te ry, so toe pluk ek maar die road atlas uit. Die roete deur lesotho lyk na 'n sondag brekfast run, so sal dit sommer doen. Modify so bietjie my ou rugsak en strap hom oppie bike. 5 uur donderdag oggend maak ek almal wakker en trek weg met een serious gedruis! Roete vir donderdag lyk soos volg:

JHB-Villiers-Frankford-Reitz-Bethlehem-Fouriesburg-Caledonspoort-A1 tot by Mokhotlong-Sani-Underberg-Kokstad-Uvongo.

14 ure later, een seriously seer gat en 1112kms later stop ek in Uvongo. Van die onderkant van Sani af het dit begin reen, en dit is ook waar die Alfie Cox demoon in my wakker word. Ry daai oranje seemonster dat ek paar plekke dink die regering gaan my op hulle grond verspreidings lys sit vir die previously armgatte!  ;D Van Kokstad af sous dit, die mis is so dig ek kan net 20km/h doen vir 2 ure!! Maar toe is die mis weg en dit reen net. Die scorps is sekerlik die beste tyres wat ek nog ooit op 'n bike gehad het. Daai goed grip die reen dat ek paar keer opgehou asemhaal het. 7 uur toe stop ek in Uvongo! My knaters het gaan wegkruip en ek moes mooi praat vir die volgende paar dae dat hulle weer moes uitkom!  :biggrin: Kon nie so baie fotos neem nie, blerrie kamera se battery het besluit om moeg te raak, maar hier is so paar.
O ja, en my pa is happy met sy nuwe speelding..........

Iewers op die A1 in Lesotho

P1010226.jpg


P1010227.jpg


P1010228.jpg


P1010229_2.jpg


Van Sani Top

P1010231.jpg


P1010232.jpg


In een van die stroompies op Sani

P1010236.jpg


Dink dis waar Alfie se demoon op my geklim het!

P1010233.jpg


Terug huis toe:

Uvongo - Kingsburg- R603 - Nottingham Road - Escourt - Winterton - Oliviershoek Pass - Golden Gate - Clarens - Bethlehem - Reitz - Frankford - Villiers - JHB. Altesaam 1002kms en 10 ure se ry. 30min breek in Bethlehem vir 'n vinnige lunch. Het ook 'n dude ontmoet wat sy dag deurgebring het in Lesotho met sy R80GS. Doen ook solo trips!

Op die R603

P1010255.jpg


P1010257.jpg


Sterkfontein dam

P1010258.jpg


Laaste 2 fotos toe gaan die battery. In die Golden Gate

P1010260.jpg


P1010259.jpg
 
Top