Kwaliteit: Forum "Vendor"

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Patman

Pack Dog
Joined
Feb 2, 2006
Messages
348
Reaction score
0
Location
Centurion, Gauteng
Bike
Cagiva Elefant 900
Dis lekker om te kan weet van die forum vendors gee puik diens! Onlangs het ek my Chagiva Elephant en Pat se Dakar by Offroad Touring e Equipment in Centurion ingeboek vir herstel. Die naam het n bietjie duur geklink, want alles wat met offroad te doen het klink vir my nogal duur, maar ek was verbaas  toe ek die rekening kry, dit was baie billik, as ek moet in ag neem wat Martin alles op die bikes gedoen het.

Op die Dakar het Martin selfs herstelwerk gedoen wat die BMW agente as onherstelbaar verklaar het en wou vervang, die aandag aan die vakmanskap en die moeite was gerustellend.  Martin het selfs vir die Elephant parte van die die Kaap af laat kom, wat ek gedink het, ek sal nerens in SA kan kry nie.  Daar is ook n "mould" gemaak om n tankbag te fit op die dakar, sonder om gate in die plasties te maak. Selfs bybehore vir die fietse is baie bekostigbaar en van goeie kwaliteit.

Ons weet van Januarie 2013 gaan Offroad touring ook bande doen, ons sal Saterdae in Centurion by julle kom koffie drink, en "Bike Tyres" opsit!

Dis lekker om so n Forum "vendor: te kan ondersteun.

 

 
Top