Lesotho Katse dam ride report

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

poplap

Pack Dog
Joined
Apr 18, 2011
Messages
121
Reaction score
0
Location
Krugersdorp
Bike
Triumph (all models)
Donderdagaand bikes gepak en gereed vir die langpad.

Vrydagoggend 6:45 huis gesluit, diere kos gegee en 6:50 in die pad geval, (nogal vroeg vir ‘n wonder ook, dankie Deon), suide van Jhb ry ons binne in die reën en mis jy kan net mooi niks voor jou sien nie, visor wasem op, maak hom toe nou maar oop, weet nie wat is erger ‘n opgewasemde visor of die reën druppels binne in jou oë nie.  Met al die gekonsentreer ry ons mooi by Blockhouse se ingang verby, nou ja omdraai kan jy nie, ry toe nou maar by die uitgang in.  Riaan het gelukkig al ‘n ou parkeer plekkie gekry, ek en Deon wag dat ‘n vriendelike Polisieman sy kar uit trek, spring daar so blonde tannie met swaaiende arms voor ons in en skreeu “the parking space is reserved, we have luggage” wie trek daar in haar man met een mase Harley Davidson met ‘n sak op die agter sitplek.  Nou wonder ons wat noem jy panniers……  Daar gaan ontbyt ook toe by die deur uit die Wimpy lyk soos nagmaal in pofadder.

In Vereeniging moes hulle nog net die strate oprol want daar gaan ook niks aan nie als is toe…. Kry gelukkig die Wimpy by Arkonpark oop en eet heerlik.  Magies vol weer lyk beter en reg om verder te gaan.
P1020571.jpg

DSC09714.jpg

P1020572.jpg


 
Top