Lusern in my valhelm.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Michiel

Race Dog
Joined
Jul 4, 2008
Messages
1,519
Reaction score
0
Location
Bloemfontein, Vrystaat
Bike
Kawasaki KLR 650
Maande gelede, kort na ek en Dusty van Namibie af terug gekeer het, het ek besluit ek sal 'n
valhelm met 'n soogenaamde "peak" moet kry. Die agtermiddag son in Namibie het my mal
gehad en so kon dit die aangaan nie. KLR ryer wat ek is dink ek toe mens kan mos sommer
'n los stukkie plastiek loop koop en dit net op my bestaande valhelm vas bout of iets...

Op die manier kan ek geld spaar om olie mee te koop... So maak ek toe pad na my naaste
goeie ou winkel toe om te sien wat is tekoop. Hierdie winkel is baie gewild en beslis sy sous
werd. Gelee in Kaapstad se hart reg langs die onlangs gewilde "fan walk". Die ou aan beheer
van sake is altyd vriendelik en gee graag raad. Ek koop ook my bande, kettings, sprockets,
ens ens daar.

My plannetjie het seker nie beindruk nie, want die ou gee my toe eerder 'n ou valhelm wat
'n klient blykbaar een dag lank gelede daar gelos het na hy vir hom 'n nuwe valhelm gekoop
het. Kyk nie 'n gegewe perd in die bek en daar het ek toe uiteindelik 'n "peak".

So vlieg die tyd verby. Aangesien Kaapstad nie Namibie se son het nie dra ek toe die valhelm
1 maal en pak dit weg in my kas. Hy sit 'n bietjie los en ongemaklik op my kop. Idiaal vir 'n
passasier as ek een dag iemand wil saam karwy.

Laas week het 'n kollega vir haar 'n skoeter gekoop en ek gee toe vir haar my heel eerste valhelm
van 10 jaar gelede. Nou moet ek die gegewe perd uit diep en tog gebruik.

Die plakkertjies is nie eintlik na my smaak so dit sal eers afgeskraap moet word. Brandende skedels,
no8 snoeker balle, Venus vlieg vangers, sterre, ruimte tuie en alien oge.

loesern001.jpg


loesern002.jpg


loesern003.jpg


loesern004.jpg


loesern005.jpg


loesern006.jpg


loesern007.jpg


Teen die tyd weet ek ook dat meeste valhelms se voerings uitgehaal kan word sodat mens dit
kan was. Hierdie valhelm is nog betreklik skoon binne-in, maar ek voel tog om dit uit te spoel.

loesern010.jpg


So begin ek toe die sponse los trek... en ... huh?

Hier is dan 'n sakkie met lusern in!

Kyk, my pa se skape vreet die goed by die wa-vrag op, maar wat sou 'n dude van die stad met net 'n paar
blommetjies maak?

loesern008.jpg


loesern009.jpg


loesern011.jpg


Jose, ons Zimbabwe kar-wag by die werk bied toe onmiddelik aan om plan te maak met die eienaardigge
vindsel. Hy het seker honger skape in Zim. Go figure...

loesern012.jpg


loesern013.jpg
 
Top