Mapsource

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Mapsource

Pack Dog
Joined
Oct 21, 2008
Messages
381
Reaction score
7
Location
Worcester
Bike
BMW R1150GS Adventure
Nag, nag nag! ...en nie soos in donker en slaaptyd nie, maar soos in engels en wat party se wederhelftes doen as jy te veel (of te min) by die huis is.  Hierdie storie eindig ook soos die meeste ander waar daar 'n ge-"nag" betrokke is.  Ek gee in.
Ek is die tipe wat verkies om op die kantlyn te sit en in kyk.  M.a.w. ek volg die forum so aan en af, maar is nie regtig betrokke nie.  Wil saam ry, maar wil nie die ding reël nie en so aan.  'n Regte slapgat rugryer of so iets.  In elk geval, Fenderbender het gereeld genoeg gepor en nou's ek 'n lid.  Het pas die 40's betree, ry al 20+ jaar, alhoewel daar 'n lang plestiek bike era vir my was.  Is slegs ongeveer 4 jaar doenig met die stofskoeters.

Plore het so mooi gevra en sal dit nie oor my hart kan kry om hom te ignoreer nie.  Ek weet self nie eintlik wat die hele storie agter die naam van my is nie.  Ons het bietjie gebraai, daar was 'n geskinder of iets dergliks tussen Fenderbender en 'n paar ander en toe ek my weer kom kry is ek herdoop. 

Alles het so paar dae voor 20 September begin.  Ek wou Uniondale toe om die vrou te ondersteun met die Karoo To Coast bergfietsding en het al klaar 'n minimum van 3 verskillende roetes uitgewerk gehad met kampplek op 'n plaas.  Te wonderlik!  Fenderbender kom toe met die idee dat ons liewer saam met Mr. Big en 'n paar ander Wilde Honde by De Mond langs die Ceres-Karoopad moet gaan laer trek.  Om sy woorde te gebruik: "Mens wil mos bietjie met like minded mense gesels".  (Dalk moes ek nie die aanhalings gebruik het nie, maar ek is seker hy sal nie sy presiese woorde kan onthou nie en dus is ek veilig).

Uiteinde is dus 'n nuwe roete.  Dit was net na daai deel van die wêreld lekker reën gehad het en ek bel toe die wêreld plat oor die stand van die riviere.  Op die ou end is ons toe Montague, Anysberg, Laingsburg, Sutherland en Tankwa deur DE Mond toe.  Alles mooitjies uitgewerk op Mapsource.  'n Heel lekker dag trippie, of so het ek gedink.  Fender het destyds nogal 'n mooi storie geskryf oor die trippie.  Na twee bordjies op boere se hekke wat te kenne wil gee die ou wil nie mense op sy pad hê nie en nog 'n hek met 'n slot op; amper 80km ompad as gevolg van die slot en 'n stukkie privaat pad met 'n vrek lekker rivier kruising, daag ons toe uiteindelik 8uur die aand se kant by De Mond op.  Van 8 tot 8.  Blykbaar het dit bietjie lank gevat en baie brandstof gebruik, maar dis 'n storie wat reeds deur Fenderbender vertel is.
Een ding is duidelik, my alias probeer beslis nie voorgee ek ken van gps'e en die se programme nie, eerder dat ek nie 'n clue het hoe om 'n roete te kies wat wel in 'n aanvaarbare tyd gery kan word nie.
 
Top