My 5200km Desember 'ride-about'

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Francoisv

Pack Dog
Joined
Aug 28, 2011
Messages
74
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS Adventure
My roete was as volg:

Pretoria - Bray.
Die grond/sand pad is moeilik om te ry met 'n volgelaaide GSA as jy die tipe van ding nie gewoond is. Ek kamp by Tapama Lodge en loop in een heluva party in saam die plaaslike boere :thumleft:

Bray - McCarthy's Rest
Die Kalahari paaie is mooierig maar met gevaarlike sandkolle en sinkplaat. Die Rok-straps bewys hulle self hier. Alles wat kan af-vibreer sal op die paaie. (Wheel Hugger, Gps Bracket). Eindig by Kalahari Hunters op. Toe ek wou ry is daar 'n pap voorwiel. Neem 2 dae om te herstel  :sign4:. In die tyd ervaar ek die Kalahari en sy mense soos nooit tevore.

McCarthys Rest -  Springbok
Ek verlaat McC's Rest 6uur vir die lang stoot na Springbok. Die grondpad na Hotazel verander in 'n pragtige myn-teerpad. Na 'hydration' in Hotazel lei die pad verby Kathu en Sishen na Uppington. Soos Murphy dit wil he is daar weer 'n pap voorwiel na 'n slaggat 40km voor Springbok wat dinge baie kompliseer. Die cruizetools nut vir die voorwiel strip en daar sit ek. CJ Bierman op 'n GSA stop by my, maar hy het ook nie die nodige tools. Die voorrim is beskadig en ek moet 'n tube insit. Die aand agtuur is ek eers in Springbok.


Springbok - Port Nolloth
CJ ry saam, sy roete is min of meer dieselfde as myne. ons kamp in McDougals Bay.

Port Nolloth - Strandfontein
Ons ry na Kleinsee op die grondpad wat baie sleg is. Daarna deur Koingnaas na Hondeklip Baai. Grondpad na Garies en tot in Strandfontein. CJ split na sy familie in Arniston.

Strandfontein na Brittania Baai
Kersfees saam familie.

Brittania baai na die Strand

Strand na Plettenberg Baai
Die pad om die berg lei na Pringle baai, Hermanus, Gansbaai, Die Dam. Grondpad na Struisbaai vir lekker swartmossels in die mees suidelike restaurant in Afrika. Gaan draai by Agulhas en dan deur Bredasdorp per teerpad verby Mosselbaai, George, Knysna en uiteindelik Plettenberg Baai.

Plettenbergbaai na Hofmeyr
Die pas tussen Plet en Uniondale is ongelooflik. Fotos kan dit nie beskryf. Ek 'ontdek' Angies G-spot, 'n welkome middagete stop. Vanaf Uniondale na Graaff Reinett waar ek vir Piet 'oo7' raakloop op sy solo-trip. Van hier is dit grondpad tot in Hofmeyr. Dit is ongelooflike DS wereld met iets van alles. Op die ingewing van 'n oomblik slaap ek toe sommer daar in die middel van nerens in die veld. Die Karoo is 'n ongelooflike plek. Die volgende aand slaap ek in die "lodge' in Hofmyer, half hartseer oor my trip begin einde toe staan.

Hofmeyr na Pretoria
Hofmeyr na Bloem verby Gariepdam. Eerste stop na 325km. Ek besef ek het 'n hardegat gekry die trip. Tweede stop is duskant Kroonstad waar ek vir BOER ontmoet (met sy 650 op 'n treiler ;D). Daarvandaan reguit deur Pta toe.

Post Mortem
Hierdie lewe is te kort om alles te sien wat ons mooi land te sien het. Ek't die ongelooflikste mense ontmoet. Ongelooflikste ervarings en ondervindings gehad. Myself leer ken. My GSA se sterk en swakpunte leer ken en verstaan.

Die Kalahari, Die Weskus, Die Karoo...dis ons land die, dis DS wereld die. 'LONG LIVE THE DOGS. Leave only your tracks behind'
 

Attachments

  • Kalahari (2).jpg
    Kalahari (2).jpg
    55.7 KB · Views: 330
  • Kalahari (3).jpg
    Kalahari (3).jpg
    33.7 KB · Views: 333
  • Springbok.jpg
    Springbok.jpg
    60.5 KB · Views: 336
  • Port Nolloth.jpg
    Port Nolloth.jpg
    41.2 KB · Views: 335
  • Hondeklip-Garies.jpg
    Hondeklip-Garies.jpg
    55.6 KB · Views: 326
  • Agulhas.jpg
    Agulhas.jpg
    42.3 KB · Views: 327
  • Plet-Uniondale.jpg
    Plet-Uniondale.jpg
    59.3 KB · Views: 330
  • Beautiful Karoo (2).jpg
    Beautiful Karoo (2).jpg
    45.3 KB · Views: 328
  • GardenRoute.jpg
    GardenRoute.jpg
    59.9 KB · Views: 323
  • Hondeklip-Garies (2).jpg
    Hondeklip-Garies (2).jpg
    58.2 KB · Views: 321
Top