My brief aan BMW se dealer principle

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Sandban(g)k

Race Dog
Joined
Aug 10, 2010
Messages
4,471
Reaction score
2,032
Location
Bultfontein
Bike
BMW R1200GS
Rohan

Ek is nie n ou wat stry en baklei or goed wat ek koop nie, ek werk self elke dag met kliente en ek weet watse pyn is n ou wat rede soek om te kla.

Ek het egter so rukkie terug my fiets by julle ingeruil en na klomp klagtes en klein probleme hierdie mail aan julle gestuur op die 22ste Maart.  Ek het nog geen terugvoer ontvang nie. 

Wat my die meeste pla, is dat daar klomp ouens is regoor Suid Afrika wat vreeslik kla oor die diens by die meeste BMW handelaars?!  Die enigste uitsondering waar ek persoonlik betrokke was was in Stellenbosch.  Is daar nie standaarde waarnatoe BMW streef sodat die "prestige" produk sy "prestige" status asook die premie vir hierdie uitstekende fiets/produk kan regverdig?

Beste .....

Dis vir my sleg om hierdie mail te stuur aan jou, maar ek is bitter teleurgesteld met die diens wat ek ontvang het.

Hier is so paar van die probleme wat ek nou vinnig aan kan dink rakende die koop van my fiets:

Die paaiement wat ek gekwoteer was was nie die een wat ek op die ou end gekry het nie.  Toe ek dit aan jou noem en vra of julle weer daarna sal kyk het jy gese jy sal, en ek het nooit weer n woord daaroor gehoor nie.
Toe my fiets gediens moet word (na ek met jou n afspraak daarvoor gemaak het) en spesiaal Bloem toe ry om hom te kom haal toe se jy julle kon nie die dag by hom uitkom nie.  Ek het daardie dag 3 keer met jou gepraat, ek verstaan nie hoekom jy nie vroeer kon se nie.  Jy sou ook die fiets in Kroonstad kom haal het om te diens, en daar was nooit weer n woord daaroor daarna nie.
Daar iewers moet nog n stel bande le.  Dit is myne wat van my ou fiets afgekom het en wat ek nooit teruggekry het nie.
My radiator bracket.  Ek het jou meer as een keer gevra om te sorg dat hy oorgesit is.  Dit het nooit gebeur nie, en volgens oom Riaan is dit nooit eers aan hom genoem nie.  Jyt my n nuwe een belowe, en NADAT ek jou gese het ek gaan die goed kom optel is hy blykbaar "verkoop".
Met al die voertuie wat ek nog gekoop het was daar n "lisence and registration" fooi ingesluit.  Jy stuur vir my n fiets sonder dat ek weet dat ek hom moet registreer.  Dis nie die groot probleem nie, die probleem is dat ek 3 maande wag vir my registrasiepapiere.  Sonder dit kon ek dit inelkgeval nie lisensieer nie.  Ek verstaan ook nie hoe reik hul n nommerplaat uit sonder n lisensie nie.  Maar inelkgeval, as ek geweet het ek moet dit doen is dit nie doodsake nie, ek het nie n probleem daarmee nie.  Inteendeel sou ek nie eers van julle verwag om dit te betaal nie.


Om op hierdie manier besigheid te doen los n bitter smaak in my mond, en ek hoop regtig nie ek hoef weer deur so iets te gaan nie.  As julle nie eers n lisensiedokument in 3 maande kan aflewer en sorg dat n klient tevrede is nie betwyfel ek jul vermoee om aan my fiets te werk ook.  Ek ag dit nie nodig om julle hoeveel keer te vra om die olie te tap vir n diens nie. 

As ek wonderwerke verwag van julle is dit een ding, maar julle het gefaal om die basiese goed reg te kry.  Ek is regtig keelvol vir BMW in die algemeen, tussen Bloemfontein en Bethlehem behoort dinge nie te goed te lyk vir die toekoms nie, tensy daar iets drasties gebeur. Ek is nie iemand wat vinnig kla nie, maar ek het nou n punt bereik waar dit voel of my tyd saam met BMW uithardloop.  Dis n uitstekende fiets, en ek verwag dieselfde van die mense wat daarmee werk.

Groete
 
Top