oo7
Race Dog
- Joined
- Aug 14, 2007
- Messages
- 1,482
- Reaction score
- 0
- Location
- Los Angeles, USA
- Bike
- BMW R1200GS Adventure
Hierdie is my eerste poging om `n kortstondige ritverslag in my moertaal, Afrikaans, weer te gee.
Die taal is myns insiens ongelukkig stadig aan die uitsterf en voor dit gaan gebeur wil ek darem `n paar gedagtes oor van my ervarings op `n motorfiets uitkap met die blikbrein se sleutelbord in hierdie pragtige medium. Enige kritiek in die verband sal dus waardeer word, want ek staan voor in die koor om my swak Afrikaanse taalgebruik te erken, so verskoon dus maar die grammatika, tekort aan gepaste (of korrekte) omskrywings en ander foute in die lig hiervan en jammer aan die natriumchloriedvoels wat nie gaan verstaan nie (maar julle wou my oer-oumagrootjie mos glas voer).
Nie net sal dit my eerste ritverslag in Afrikaans wees nie, maar dit sal ook my eerste (en hoplik nie die laaste) ritverslag wees met my liefste en beste helfte (Mevrou dubbel nul sewe of “die baas” of die Prinses van “die Prinses en die ertjie - faam”) agterop as `n passasier. Vir haar was dit ook `n eerste om `n oorslaap rit met `n motorfiets te doen .
Ons het onlangs besluit om weer `n BMW 1200GS Avontuur model motorfiets, of beter bekend in hierdie kringe as die “vark” aan te skaf met die doel om dit meer saam te benut, aangesien Mev oo7 ook wil deel in ons wereld van twee-wiel pret en plesier. Met hierdie doestelling in gedagte het ons `n eerste afskud rit van die Moederstad na Stilbaai beplan om die fiets, bagasie opsies en dies meer uit te toets en oor te besin.
Ek was geredelik op my senuwees, want tydens die eerste paar kort ritte met die kosbare vrag agterop was dit meer `n kwessie van “wabble” oh seven as enige iets anders. Gelukkig het ons mekaar (die vark, die baas en die vark se baas – of is dit nou die baas se vark?) vinnig gevind en kon ek die volgepakte vark met die baas op vining baasraak.
Ons het die Donderdagmiddag uit die stad vertrek en desnieteenstaande my opregte bedoeling om die spitsuur verkeer vry te spring, het my werksverpligtinge dit so behaag dat ons die swaar verkeer moes trotseer – die twee sytasse is kwaliteit aluminium dose en het my grotendeels verhoed om deur die verkeer te vleg – al die mooi broodjies voorheen gebak oor presies hoe maklik dit dan nou is om die verkeer op te vreet, het saam met die roet- en ander koolsuurgasse my agter in my keel gewalg.
Wat die frustasie van stop staan stop staan motorfietsry in die swaar stadsverkeer vir my darem effens draaglik gemaak het, was die onwetende kwinkslae wat my onervare passasier, onvertroud met ons alledaagse motorfiets terme die heeltyd na my kant toe gegooi het oor ons interkom sisteem. Ek kon nie anders as gedurende die loop van die naweek om maar net stilweg te giggel elke keer wanneer die eter stiltes verbreek was met -
“My masker stamp teen jou ding” (met verwysing na die Prinses se helmet wat teen my nekstut kap as sy vorentoe skuif)
“Ek voel dan die wind op my!?”
“Dit voel rerig of ons oop en bloot sonder `n veiligheidsgordel ry”
“Aggenee, my venstertjie is nou vuil” (nadat `n groot gogga haar pletterpet se skerm getref en gevolglik bevuil het)
“Gaan jy vir jou bonnet ook so `n oulike tassie kry?” (met verwysing na ChrisL se brandstoftenk sak)
“Wag, ek wil net gou my hatch oopmaak” (weereens met verwysing na haar pletterpet se skerm)
In elk geval.
Ons reisplan was om via Franshoek, die Franshoekpas , Villiersdorp en Eilandia na Montagu te ry, waar ons die eerste aand in die pragtige en baie gemaklike Anchorage-Inn (https://www.anchorage-inn.co.za/) tuisgegaan het.
Die twee eienaars, Monica en Joop, is self kranige motorfietsentoesiaste en alhoewel hulle motorfiets baie blink is, aardige geluide maak en `n mens mooi moet kyk of dit nou beweeg of nie en dus afkomstig is vanuit Milwaukee, Wisconsin in die Verenigde State, is beide baie vriendelik en het dit aan ons duidelik gestel dat alle tipe liefhebbers, selfs persone wat hou van oranje motorfietse vanuit `n klein landjie neffens Bavaria, by hulle welkom is. Ek kan hierdie gastehuis hoog aanbeveel en die ontbyt nog meer so.
Hier is die Baas besig om haar ysterperd te bestyg voor ons vertrek die volgende oggend vanaf Anchorage Inn in Montagu
Ons eerste aandoen was by die Country Pumpkin in Barrydale vir ons gebruiklike gratis koffie. Hier is my pampoen voor hulle pampoen
Deesdae kry `n mens `n stelletjie soet muskadel ook gratis byjou gebruiklike koffie as jy met twee wiele daar uitsak
Na Barrydale het ons regs gedraai en `n stofpad gevat in die rigting van die Gysmanshoek pas, sigbaar in die verte
As die plek in die agtergrond maar net dieselfde houding gehad het
Die begin van die pas aan die noorde kant
Die bo-punt met Darth Vader se doofstombroer, Jeff, wat die verrigtinge gade slaan
Die pas se oppervlakte was hier en daar effens los, maar die vark en veral die passasier het hulle mooi gedra.
Ook hier is die wereld gekleur met mooi skakerings van groen
Gelukkig vir my satteliet navigasie instrumente
Die Korrenterivierdam
Ons het weer aangesluit op die R323 net buite Riversdal, van waar ons `n reguitlyn getrek het Stilbaai-Wes toe om my moeder se kerrievis by te dam. Gedurende die naweek het ek met Meneer en mevrou Dustrider (ChrisL ) gekonfereer en het hulle besluit om ons Sondag tot by die Malagas pont te vergesel.
Hier is `n skoot van die Goukou. (Of is dit eers gou kou en dan die skoot?)
Dit was my eerste aandoen by Vermaaklikheid - pragtige plekkie maar weinig vermaak so op `n dooi Sondagoggend
Selfs hier begin die beskawing sy voelers inslaan – die stukkie pad weerskante van die bushalte is geteer vir een of andere duistere rede
Na Vermaaklikheid moes ons die Duiwenhoks rivier kruis op die pad na Malagas. Die outjie het lekker gevloei en ek was maar skrikkerig om dit net so te probeer kruis.
Na `n kort kajuitraad en halfhartige aanbod van myself om eers deur die river te loop voor ons dit binnevaar, besluit Kommandoor (soos in duikbootkommandoor) Chris om die magtige Duiwenhoks aan te vat.
Dit was nie `n goeie besluit nie. Chris het uitgehou tot ongveer in die middel van die rivier, toe die water hom in stadige aksie begin meesleur. Die elf vyftig sluk toe groot mondevol water en ruk dood, met Chris wat al hoe nader aan die kant van die brug skuif. Gelukkig druk die water toe sy fiets teen `n kantpilaar vas – ek skrik toe eers ook wakker uit my staat van soutpilaar, spring van die rug van die vark af en plas in die algemene rigting van Chris. Die water was regtig dieper as wat ek aanvanklik gedink het en met die hulp van Mevrou ChrisL en Mevrou oo7 slaag ons toe gelukkig daarin om die fiets terug tot op die oewer te sleep. Ek sidder om te dink wat kon gebeur het as Chris nie teen die pilaar vasgespoel het nie.
Chris ken sy fiets toe gelukkig goed genoeg om te weet hoe om die riverwater uit die silinders te kry en dit neem ons toe seker `n goeie uur van omkantel. vonkproppe afhaal, die lugdoos droog suig en dies meer.
Alles gelukkig in goeie gees met Chris wat `n paar houe moes vat
Gelukkig kon Chris die betroubare hings behoorlik droogkry en sonder moeite weer aan die gang kry, alhoewel sy aanvanklike pognose later korrek blyk te wees, naamlik een of ander ringwiel se tand wat af is. Hy sal beter kan verduidelik.
Met die motorfietsuitstappie wat toe in `n swemparty ontaard het, het ons besluit om na `n verfissende aarbei melkskommel in Heidelberg se Wimpy (wat terloops aan die ander kant van die Duiwenhoks rivier gelee is) mekaar totsiens te wuif.
Malagas pont, Kaap Agulhus en Elim staan nou oor tot `n volgende keer en ek oorreed toe my passasier om in Greyton aan te doen. Net na Riviersonderend draai ons toe af op die stofpad na Greyton, waar ons die volgende op elektroniese stroombane vasgele het:
Wat `n lieflike stukkie pad om te ry!
Van Greyton af was die gort gaar want die perde het stalle geruik en nie kort daarna nie was ons terug by die huis.
Hierdie rit met `n passassier het my stoutste verwagtinge oortref. Die tipe paadjies wat ons gery het sou ek nie anders aangepak het selfs al was ek op `n ligter fiets nie. Behalwe vir die passassier wat ongefokkenlooklik baie kon “faf” (selfs meer as Brakenjan) en wie se oor die heeltyd ombuig in haar helmet, en elke twee minute moet piepie, en nie kan stil sit nie omdat die lugvalk kussingkie se hoek verkeerd is, kon ek nie vir `n beter agtersitplekbestuurder gevra het nie!
I love you man!
Dit is dubbel nul sewe en ek het nou `n swaarvoertuiglisensie. Tot volgende keer en dan wel weer in Engels. G’n wonder die taal is besig om sy gat te sien nie.