Na ma se kospotte en terug vir Krismas

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jan 8, 2014
Messages
5
Reaction score
0
Location
Durbanville
Bike
Yamaha Super Tenere
Jis Jis… Ek is nuut hier en wil ook ma iets neerle op die interweb vir die nageslag. Dis nou wel n jaar terug maar ek het gedog dit sal n lekker plek wees om ons toertjie te deel. So paar maande voor die tyd het ek en my twee broeders besluit ons maak n broeder bonding outing om Suid Afrika. Kaap na Ermelo (Transvaal Hoeveld) en terug. Daar was nou nie rerig n grondpad lopie op die fietse nie omdat ek nog aan my pad fiets geklou het toe. Daar was darm so 20km op grond met benoude boude op n VFR1200.

Anyway, my middel boet het van uit PTA vertrek af kaap toe en die trip sommer one shot deur gedruk met sy GS1200 ADV. Ek het hom by Heksrivier gekry vir die laaste stukkie saam Durbanville toe hier in Slaapstad. Ons het so week hier rond gery en ek het plekke gewys terwyl ons gewag het vir baba boet om klaar te loop werk.

Die dag het aan gebreek en die plan was so:

Dag een: Kaapstad – George via Struisbaai
Dag twee: George – Kids Beach (Oos London)
Dag drie: Kids Beach – Pietermaritzburg
Dag vier: Maritzburg tot Ermelo via Durban/Eshowe/Vryheid
Kersfees by die ou mense. Middel boet bly agter en kleinboet en ek split bietjie.
Ek skiet toe PTA toe, Rustenburg en daar rond, dan vang ek vir kleinboet in Potch.
Van daar af was dit Potch na n plaas buite Kimberley.
Dag of so daarna toe skiet ons reguit via Kimberley Kaap toe.

Was n taaie 4900 KM in die Desember hitte, met plekke wat dit tot 44 geslaan het. Kans gevat en commando gery met baie spray-on tan vir die arms, nek en daai plekkie oppie rug/bout wat altyd oop is vir loodgieters.

Hier is so bietjie fotos.
 

Attachments

  • 02.jpg
    02.jpg
    247.4 KB · Views: 171
  • 03.jpg
    03.jpg
    61.4 KB · Views: 172
  • 04.jpg
    04.jpg
    219.4 KB · Views: 174
  • 05.jpg
    05.jpg
    66.5 KB · Views: 165
  • 06.jpg
    06.jpg
    81.8 KB · Views: 164
  • 07.jpg
    07.jpg
    170.5 KB · Views: 205
  • 08.jpg
    08.jpg
    162.5 KB · Views: 168
  • 09.jpg
    09.jpg
    123.4 KB · Views: 173
  • 10.jpg
    10.jpg
    99.2 KB · Views: 176
  • 01.JPG
    01.JPG
    94.1 KB · Views: 171
Top