Namibia Woema Toer RR

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

jossvw

Pack Dog
Joined
Jan 7, 2011
Messages
138
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
BMW F650GS / Dakar
Sondag 27 Nov.

'n Paar van ons ouens het besluit om reeds Sondag oggend teen 07:00 te vertrek. Die toer het amptelik eers Maandag 08:00 begin in Potchefstroom, maar 4 van ons ouens het besluit om reeds Sondag na die Red Sands Lodge in Kuruman te vertrek. Dit sou ons die Maandag net 'n klein entjie tot by Upington gee.
PW, Freddie, Frikkie en ek ry by Pine Haven weg oppad na Kuruman. Petrol gegooi by Ventersdorp. Wimpy ontbyt ge eet by Delarey ville. Petrol vol gemaak in  Vryburg. Op Kuruman weer Petrol. Dit reen toe bietjie, wag vir die reen om verby te gaan. Sowat 20 km verder is ons by die Red Sands . Die temp so 38 grade. Die wind het baie gewaai en ons het so 15 grade van vertikaal gery. By Red Sands het ons sommer ons eerste grondpad en sand getref. Ons verblyf was by die Oppikoppie Bungalow . Die pad na die Bungalow het reeds vir 'n paar ouens so bietjie laat sweet met die dik sand op pad soontoe. Dit was die verste huis bo op so koppie en aangesien die pad so sanderig was het die manne besluit om liewers te voet die pad terug na die Restaurant aan te durf en die fietse net daar bo te los.
Die middag geswem en ontspan en 'n paar biere deurgewerk . Callie, Marinda, Dries en Lynette kom so 4 uur daar aan. Martin Botha kom so 5 uur daar aan van  Polokwane. Aangesien dit Sondag was het ons 'n Buffet aandete geniet en mekaar beter leer ken.


Maandag 28 Nov

PW, Freddie, Frikkie, Martin en ek ry toe vroeg na ontbyt na BMW Upington. Martin sit ander bande op en herstel nog goed op sy GSA wat hulle nie met sy vorige diens reggemaak het. Ons is toe na die lodge in Upington, daar welkom geheet met koeldrank. Jammer die lodge het nie ‘n swembad gehad nie. Temp nou so 40 grade. Die middag saam is ons 9 Spur toe vir koeldrank en ietsie sterker. Die kos was baie smaaklik. Theunis en die res kom later die middag by die Lodge aan, moeg van Potchefstroom gery die oggend. Jack se petrol pomp het probleme gegee, waarna  BMW Upington fantastiese diens lewer en dit gou uitsorteer teen 'n stewige R 5500. Die aand het almal saam gaan uit eet by Bi Lo Restaurant en na lekker kuier vertrek ons so teen 10 uur om te gaan slaap. Party ouens is gepillion sonder valhelm of beskermde klere - hier word liewer nie name genoem nie.

PieterWillering-7530.jpg


PieterWillering-7531.jpg


PieterWillering-7534.jpg


PieterWillering-7535.jpg


PieterWillering-7536.jpg


PieterWillering-7544.jpg


PieterWillering-7545.jpg


PieterWillering-7552.jpg


PieterWillering-7559.jpg


Dinsdag 29 Nov.

Die oggend by die Lodge weg na Duineveld skool. Die ATKV oorhandig 'n skenking vir hulle en die skool gee ons elkeen ‘n bottel water. Ons is toe daar weg Kakamas toe vir ontbyt. Daarna Augrabies waterval toe. Daar was dit so 42 grade. By Alheit petrol gegooi en toe weg Onseepkans toe om deur die grens te gaan. Die grenspos hanteer so 2 karre per dag, en toe omtrent 20 van ons daar opdaag, het hulle bietjie gesukkel om almal te help. Hier het van ons ongelooflik warm gekry en het in die proses amper ontwater. Die ervaring met die grensbeamptes is baie positief .  Oppad Onseepkans toe het ons die volgende grondpad beleef. 2 Tankslaps gekry maar is daar deur. Toe verder Karasburg  toe op die grond. Voor Karasburg teer gekry. Daarna Grunau en toe weer grond tot by Canon road house.Hierdie "Roadhouse" is op sy eie 'n ervaring om te sien. Pragtige ou voertuie daar binne en 'n lekker atmosfeer wat geskep word.  Petrol daar gekry. Toe is die son al baie laag en ons ry teen die son. Kan min sien teen die son en stof. Kom so 20h15 by Canon Lodge aan. Die mooiste plek. Moes gou ons goed in die kamer neer sit want aand ete sluit 21h00. Die lekkerste gemsbok fillets gekry.

PieterWillering-7569.jpg


PieterWillering-7571.jpg


PieterWillering-7593.jpg


PieterWillering-7618.jpg


PieterWillering-7631.jpg


PieterWillering-7637.jpg


PieterWillering-7653.jpg


PieterWillering-7659.jpg


PieterWillering-7659.jpg


PieterWillering-7670.jpg


PieterWillering-7677.jpg


PieterWillering-7690.jpg


PieterWillering-7705.jpg

PieterWillering-7707.jpg


PieterWillering-7727.jpg


PieterWillering-7733.jpg

 
Top