Newbie met planne vir n 9 dag trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jan 20, 2012
Messages
4
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
KTM 1190 Adventure
Hi Amal,

Ek is nuut op die forum. Het laasjaar begin bike ry met n Daytona 675! Fantastiese fiets maar is SO lus om offroad te gaan. :drif: Ek het besluit om my Daytona in te ruil vir n Tiger 800XC...en danksy al die Tiger fans (Gideon, Geotraveller, SmokenFly ens.) op die forum en my ervaring met die Daytona se Triple enjin is ek seker dis die regte besluit.  :thumleft:

Nou het ek klaar julle raad nodig.  ???

Ek bly in Lynnwood en het n troue in Kakemas einde April. Ek en n vriend (op sy F650GS) het besluit om af te ry Kaapstad to via Kimberly en soveel grondpad ry as wat ons kan hanteer. Dan van die Kaap af met die weskus op en dan oos tot in Kakemas. Ons het so 6 dae om tot daar te kom. Dan nog so 3 dae trug Pretoria toe.

Ek wil nou hoor of julle dink die roete is te lank vir newbies om in 6+3 dae te ry. En ook of julle enige voorstelle het van roetes wat ek oor die volgende paar weke kan ry om te oefen vir die trip. Ons is albei onervare op grond en beplan om dit stadig te vat.

Enige raad sal waardeer word :biggrin:
 
Top