RTFM
Pack Dog
- Joined
- Apr 4, 2010
- Messages
- 356
- Reaction score
- 165
- Location
- Nelspruit
- Bike
- Honda XRV 750 Africa Twin
Hier is my bydrae om ‘n AT se sitplek sitbaar te maak. Die oorspronklike is darem net te ongemaklik. Ek wou die voorste deel se boonste rand so bietjie ronder maak wat nogal help om by die grond by te kom. Verder wou ek hom ook so effe laer maak, en dan ‘n skaapvel oortreksel opsit. Dit was nodig om ‘n vol lengte oortreksel te maak aangesien my vrou BAIE graag saamry.
My tegniese vermoeë is om te weet watter stuk gereedskap om aan te gee, dus het ek ‘n goeie kennis gekry om my te help.
Eers is die nuwe vorm met ‘n flappie wheel op ‘n grinder gedoen.
Daarna is dit met ‘n band skuurder glad gemaak.
So lyk die finale produk nadat ons die seiltjie terug gesit het.
Ek het na ‘n lang soektog ‘n swart vel by Oskava in die Kaap gekry. R840-00 afgelewer in Nelspruit.
‘n Lokale stoffeerder het vir my ‘n afhaalbare oortreksel gemaak. Ek reken so bietjie ekstra velcro is nodig om die oortreksel mooi op sy plek te hou.
So lyk die finale produk. My boude is baie dankbaar, dit sit sommer baie meer gemaklik.
Ek weet dit lyk maar lekker "wollerig" daarom wil ek 'n afhaalbare oortreksel hê sodat ek dit net vir lang ritte kan gebruik.
Die enigste waarop jy bedag moet wees, is om die sitplek nie te laag te maak nie. Sonder ‘n pillion is ek nou gebind aan die sit voor op die sitplek. My stram kniee is ook so effe ongelukkig oor die meer beknopte postuur op die laer sitplek.