Nuwe jaar trippie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

husky28

Pack Dog
Joined
Sep 21, 2015
Messages
157
Reaction score
0
Location
Lephalale
Bike
Kawasaki KLR 650
So n klein bietjie informasie voor alles begin. Ek is taamlik-redelik-tenvolle gebreklik as dit by spelling kom, en aangesien ek nie met die regter knoppie op die muis verbeterings in my moedertaal kan maak nie, sal julle maar die geskrif moet “reg” lees. Geen ongelikke, polisie, betogings of buite ruimtelike ervarings was deel van die ‘Ride’ nie. Net n onervare opgewonde nuwe wille hond wat n belewenis deel.

Nou maar laat ek wegspring en die klip doer agter die bobejaan gaan haal. Kyk ek is nou nie n adrenalien mannetjie nie maar ek hou van plekke sien en dinge doen. Alles moet n probeerslag gegee word. Bly gewoonlik maar binne my vermoe en is maar skrikkerig, maar verstaan my reg "gevaar" skrik my nie af nie. (EK het al op vroee ouderdom gestaan in n bad, en elke nou en dan hardloop ek nog met n skêr).

Waar die gogga gebyt het:

So as n man nou befriend is met n paar honne is daar elke nou en dan n samesang van motorfiets geluide om die kampvuur. Dan krap daar so n lus om deel van die simfonie te kan wees. Daar is so n snaakst opgewondenheid as jy die stories van "Bike - Trips" hoor, wat mens net wil deel. Mens sit en dink jou in dit was jyself daar. Met die Lephalale honne wat die vuurtjie blaas kon dit nie anders nie. Die grondlyn is dat met n dubbel duim na bo van my vrou skaf ek groen KLR(Sprinkaan-dis soos dit op hom staan) aan. 

Na ek geleer het om aan een kant van die pad te ry, en om die rigting wyser te kanselleer is ek op die pad uit. 80km/h was die limiet, vinniger en my benoede poepe sou meer raas as die hard uilaatpyp. En met baie oefen op die grondpaardjies om ons huis het ek STADIG al meer vertroud geraak. Die pad werk toe is aangedurf, en was dit nou lekker, ‘nie die werk nie’.

Nou maar dit was die vervelige inleiding:
Ek wil sommer nou dankie se vir my wonderlike vrou wat my altyd bystaan in die avontuurtjies van die lewe, of dit nou op die voete, fiets of wat ook al is. En dan vir secret agent 0012 wat n liefde vir twee wiel polsaangedrewe voertuie begin het.

Hier begin die verslag. 0012 is oppad om land uit te vlug, en aangesien hy die ‘mentor’ van n motorfiets ryer vir my is, moet ons darm n ride gan doen. Nou ek stel voor n dorpie naby(110km soontoe en terug), sommer vir na werk ry. Maar soos mens praat om n braai vuurtjie groei dit na effens langer pad(350). Nou maar meeste van julle lag seker maar die rede vir die afstande is as volg: Ek het teen die tyd van die voorstel n volle 260km gedoen, ooit.
So in twee dae werk ek soveel ry tyd in deur die daaglikse dinge en teen die wegtrek was die meter naby aan 400. Dus sou my totale kilometers verdubbel in een dag. Op oujaar ry ek die eerste keer 120km/h, meer onderbroek gekou as my eerste mondeling op laer skool.

07:00 Vrydag 1 Desember, Lephalale: Ek stop by die vulstasie om die Sprinkaan se dors te les, die senuwees knaag so dat ek skoon vergeet om bande te pomp. Nog n vulstasie word uitgesoek, so leer ek om die oor-proppe in te sit.
MC Donalds is ons punt van samekoms, niks soos om n jaar te begin met gesonde kos en goeie voornemings nie! Die fietse trek in, hier kom n lekker dag. Dis al reeds warm.

Fotos
[1] - 1,85l
[2] -  Robbie join die party
[3] - MC Donalds, die dames gaan agterna kom in die SCboobie.
[4] - nog een


 

Attachments

  • 3.jpg
    3.jpg
    121.1 KB · Views: 470
  • 4.jpg
    4.jpg
    113.9 KB · Views: 480
  • 5.jpg
    5.jpg
    106.1 KB · Views: 462
  • 2.jpg
    2.jpg
    110.1 KB · Views: 477
Top