Oasis - Wuppertal vir die 1ste keer op die Vet Fiets

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Grondpaaie

Pack Dog
Joined
Feb 22, 2012
Messages
373
Reaction score
0
Location
Langebaan
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
My goeie Tjom "Scenic Ride" skaf toe vir homself 'n "Vet Fiets" aan. Baie mooi 1200 BMW. Ek is slegs op die 650 Plaasbike tipe.

Ons ry toe eendag bietjie daar naby De Doorns rond en ek gooi toe die uitdaging.

As ek saam hom elke nou en dan die "Highway" tipe grondpaaie moet ry, dan moet hy ten minste die grondpad tussen Oasis en Wuppertal aandurf. Ek sien hoe die waarheid van die sakie by hom insink en net daar beplan ons die trippie.

Ek spring weg uit die Weskus en hy spring weg uit die Vallei, kry mekaar by Prins Alfred Hamlet. Lekker koffie by die Hotel en toe vat ons die pad Oasis toe

IMG_3533.JPG


Pragtige dag en ons stop sommer gereeld om paar fototjies te neem en die natuur te besigtig.

IMG_3542.JPG


IMG_3543.JPG


IMG_3545.JPG


IMG_3547.JPG




Ons reg vir die Avontuur, al die onnodige gewig los ons by Oasis. Die pad is maar erg uitgespoel maar die Vet Fiets vat die pad heel goed. Enigste ou bietjie drama is in die dik stukkie sand, maar die BMW is regop nog lank voor ek die kamera kan uithaal.

Ons ry in Wuppetal in en kry iets koels

IMG_3550.JPG


IMG_3551.JPG


IMG_3552.JPG


Terwyl ons toe so sit be nabetrag oor die paadjie vra my Tjom so ewe nou waar is die maklike paadjie terug Oasis toe. Hy het toe heel genoeg gehad van die affere. Selfs bereid om via Clanwilliam terug te ry!!!

Ek breek toe die nuus aan hom dat ons diezelfde ou paadjie moet aanvat.

IMG_3557.JPG


IMG_3559.JPG


IMG_3560.JPG


Ons ry toe mooi die berg op en daar kom dieselfde ou stukkie sand, die keer is ek nader en die GoPro is aan

Evidence, so ongeveer 5m van die vorige val af

[flash=480,385]https://www.youtube.com/v/iqw1YzG-oJ8[/flash]

Hierna kom ons by Eselbank deur en oppad na Wuppertal het ek die water by die driffie mis gery, die keer ry ek deur en wragtig net na ek deur is hoor ek die lawaai by die agterwiel. Sabotasie, ek is oortuig daarvan. Die stukkie draad is darem net te mooi gevou.

IMG_3561.JPG


IMG_3562.JPG


IMG_3563.JPG


IMG_3564.JPG


Darem net te mooi gebuig en in die water geplaas. Pasop manne

Hier maak ons die binneband reg en ek werk soos my gat, moet se my Tjom het my probeer raad gee. Nie te ver nie, wiel weer pap, die keer doen ek dit beter.

IMG_3566.JPG


IMG_3565.JPG



Ons kom veilig by Oasis aan, Ons het geboek by Oasis en van daai helse groot ribbes bestel by Chantal. Vang sommer lekker die aand op oor allerhande dinge.

Volgende oggend na ontbyt is vang ons die pad na Algeria toe.

IMG_3568.JPG


Kry wragtie daar by die pas voor Algeria ou bekendes

IMG_3571.JPG


Verby Algeria kyk ons af op waar ons dink die Bash gehou gaan word.

IMG_3580.JPG


Sien ook nou daar is so bietjie houding op die Vet Fiets

IMG_3577.JPG


IMG_3584.JPG


IMG_3585.JPG


IMG_3586.JPG


Net voor Citrusdal, wragtig weer pap, Patch het afgekom. Dis hond warm

IMG_3590.JPG


Kry Petrol en ons paaie skei naby Piketberg, ek sleep Weskus toe en Tjom sleep Vallei toe.

Wat gebeur naby Bergrivier stasie

IMG_3592.JPG


Nog 'n pap wiel, genoeg is genoeg, ek bel recovery en my redding kom haal my.

IMG_3594.JPG


Alles en alles was dit 'n baie lekker trippie behalwe vir die pap wiele. Nog baie GoPro footage, maar dit vat lank om te verwerk. Sal later plaas.

Thanks Ou Maat, dit was baie lekker
 
Top