Ons gooi so bietjie.....Sondag Mielies!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Carrots

Grey Hound
Joined
Aug 18, 2010
Messages
5,647
Reaction score
1
Bike
KTM 990 Adventure
Raait…..so Dwerg  het na ‘n paar maande van wik en weeg besluit om vir hom ‘n 800GS aan te skaf. Hy het nogal ‘n bargain gekry by Sand Angel en ek moet se…daai scooter lyk en klink bevange! Nogmaals geluk ou!

So ons besluit toe om Sondag so klein draai te ry en Drum Brakes (The Secretary) gaan op Dwerg se 650 saam ry. Ons sal nog besluit of ons haar op grond gaan vat of nie…afhangende van hoe dit gaan. Sy is ‘n klein meisie en ek en Dwerg was so ietwat bekommerd of die GS nie te swaar vir haar gaan wees nie.

Ek het haar vroeg gaan optel en deur gesleep na Dwerg se pad toe.

Poser… :pot:

IMG-20120401-00226.jpg


Fox met sy SWAT outfit (hy droom seker hy is Steven Segal of iets….eeish)  :peepwall:

IMG-20120401-00227.jpg


Mounting the steed…..

Pretoria-20120401-00229.jpg


Pretoria-20120401-00228.jpg



Van daar af suiker ons deur na Olifante toe waar ons die res van die crowd ontmoet. Ons besluit dis Fox se job vir die dag om na haar te kyk…siende da thy ‘n well respected Fink Biker is….as daar so iets is.  :peepwall: :pot:


Ek en Dwerg kooi kole want ons wil haar nie nervous maak nie……..siende dat dit sy nuwe bike is sal ek maar nie se wie die dice gewen het nie…..

Group peekcha

Pretoria-20120401-00230.jpg


Een of ander scooter run aan die gang…..

Pretoria-20120401-00231.jpg


Pretoria-20120401-00232.jpg



Gryshond, Wipeout en die Baas en Douw join. SuperDave laat weet hy kry ons daar en Swifty is laat en hulle wil grond gaan jaag so ons ry solank.

Ek vat kortpad deur ‘n veld om ‘n peekcha te kry en ek is amper te laat…..sy lyk heel OK op die GS met Fox wat haar oppas.

Pretoria-20120401-00233.jpg





Daar aangekom eet paar ontbyt en ons sit lekker en gesels en bekyk die bikes.

IMG-20120401-00234.jpg


Dwer is nie lus vir gesels nie……..

IMG-20120401-00235.jpg


IMG-20120401-00236.jpg



Douw en Swifty join lekker vol modder en Douw se ons moet vir Dieter gaan kuier.

 
IMG-20120401-00237.jpg


IMG-20120401-00238.jpg


IMG-20120401-00243.jpg


IMG-20120401-00244.jpg



Dwerg wat Swifty se pens spot….he he…….. :imaposer: :imaposer: :imaposer:

IMG-20120401-00255.jpg



Ons het so baie om voor dankbaar te wees dit is nie eens snaaks nie. Dieter in sy studio waar hy vir ons ‘n playlist laai om bietjie tunes te luister. Daar is ‘n sensor op sy bril wat die cursor is en dan byt hy waar hy wil click. RESPECT ou!!  :thumleft:

IMG-20120401-00247.jpg


IMG-20120401-00248.jpg


IMG-20120401-00249.jpg


IMG-20120401-00250.jpg


IMG-20120401-00257.jpg



Double trouble......


IMG-20120401-00246.jpg


Douw se ons moet by hom gaan braai so hulle Dieter in sy bus en daar gaat ons. Ons het besluit Drum Brakes is reg so ons gaan bietjie grond ry. Wel om grond of teer te kan ry…..moet jou bike loop. Ek start RatKas en net toe ek wil wegtrek…..sny hy uit. Dood…..morsdood. Die ander het al gesleep en dis net ek en Fox nog. Ek het gister ‘n nuwe battery ingesit so dit is nie dit nie. Ons check die sidestand switch uit maar niks nie. Nou is ek sommer de moer in en ons is nie lus om langer in die son te staan en warra warra nie.

So ek klim agter op Fox se Triple Black en daar gaat ons. Hy vind dit natuurlik vreeslik amusant om onverwags te versnel sodat my voete amper by sy ore verbykom…..maar toemaar……as hy bloed piepie vandag is dit sy verdiende loon….het hom so paar vuishoue op die niere gegee sodat hy soos ‘n witmens kan bestuur.

Ons vat toe maar die vinnigste pad en is voor die res daar. Nie lank nie of hier kom hulle ingeskuier. Bikes vol modder en Drum Brakes spring rond van plesier. Lyk asof almal en sy hulle gate uit geniet het.

!@#$%^&* Bleddie KTM!!  So ek het die dice gewen……maar Dwerg se bike loop nog. Eeeish!

Shandy het klaar vuur aangesteek en ons braai en kuier lekker.

Fox probeer vrede maak omdat hy soos ‘n sefebe gery het

Pretoria-20120401-00261.jpg


Pretoria-20120401-00264.jpg


Pretoria-20120401-00265.jpg


Pretoria-20120401-00266.jpg


Pretoria-20120401-00268.jpg


Pretoria-20120401-00270.jpg


Pretoria-20120401-00271.jpg


Pretoria-20120401-00274.jpg


Pretoria-20120401-00260.jpg


Pretoria-20120401-00275.jpg


Altyd lus vir grappies…..
Pretoria-20120401-00276.jpg



Fox het toe vir Drum Brakes huis toe gevat en die res van ons het ‘n sundowner gaan drink by Ed’s Diner.

Pretoria-20120401-00287.jpg




Fanks vir die lift Fox, vir Douw en Shandy vir die gasvryheid, Dwerg vir sy bike leen aan Drum Brakes…en vir my ook……en baie dankie Douw dat jy my bike gaan haal het.


Well done ook aan Drum Brakes…..jy het goed gedoen vir jou eerste noob ribe!! Verkoop nou daai bike van jou en skaf ‘n GS fiets aan.  :thumleft:







 
Top