Ons het lekker warm gekry in die Klein Karoo; Tankwa en Cederberge...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

XRRX

Race Dog
WD Supporter
Joined
Jun 15, 2014
Messages
2,722
Reaction score
490
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek en my seun het verlede Don besluit dis nou tyd vir 'n "kop-skoonmaak"!
Die voël sal seker binne enkele weke of selfs dae die nes verlaat om die grootmens-wêreld te betree :(, dus het ek besluit om 'n goeie "bonding time" vir oulaas te probeer inkry.)

Hy het nog bitter min vêr getoer met die bikes, so die idee was om hom 'n paar landmerke in die "ADV wêreld" te wys, die roete redelik interessant te probeer hou vir hom op die CRF sonder om die "ou man" te veel groot oë te besorg op ou "Dikkes"...

Ou "Dikkes" die GS, moes natuurlik pak-donkie wees - met 'n 10l jerry can - in die Topbox en al die kamp toerusting... :patch: (Daai CRF se tenkie is mos die size net na 'n Weed eater!)

Geen beplanning behalwe om een aand by Cederberg Oasis te oornag, en ook geen vooruit besprekings nie!
Proviant: 1 x Bottel Klipdrif Premium; 2 x liters Coke, 1 x Maxi pack Mini Cheddars en 4 x Energy bars; 1 x pak Peaunts&Raisins en 4 x Biere ... Da gat ons!! ...Vrydag middag redelik laat!

Mikpunt was Laingsburg - maar wil nie innie dorp slaap nie!! Op die 1ste grondpad - Mount Hope - gaan sy rugsak oop en verloor ons Mini cheddars! ::)
Seweweekspoort was soos altyd baie mooi, en toe daai lang gravel-highway Laingsburg toe te vervelig raak, besluit ek om die Rouxpos loop te vat - en daar kom ons op 'n lekker plek af: Ons Karoo Plaas! Moese lekker kampplek; great Bar; gasvrye mense, billike pryse en baie skoon geriewe... .. en ons slaap sommer tussen die 2 x bikes op lekker groen Kukuyu!!

Hulle sien my dv weer!!
 

Attachments

  • 20220201_151340.jpg
    20220201_151340.jpg
    578.3 KB · Views: 355
  • 20220201_145334.jpg
    20220201_145334.jpg
    308 KB · Views: 354
  • 20220201_151241.jpg
    20220201_151241.jpg
    173.2 KB · Views: 346
  • 20220131_192635.jpg
    20220131_192635.jpg
    239.6 KB · Views: 347
Top