Ooskaap Spookhuis oorslaap

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Swart Baard

Race Dog
Joined
May 16, 2011
Messages
704
Reaction score
0
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1200GS
So het die lang verwagte dag toe uiteindelik aangebreek. Ons het gaan spook soek by Bie se pa se plaas  :peepwall:

Die oggend het rustig begin vir my met die fietse (my en SWAMBO) klaar gepak en reg om te ry so net voor 11h00  :ricky:

IMG00451-20120630-1033.jpg


Ek en Min Pin (dis nou my vroutjie se Forum naam) het sommer reguit op die R75 na Glenconnor vertrek. Pad was besig en daar was heelwat ongeduldigge mense in hulle cages wat net by die wildsfees in Kirkwood wou uitkom.

Maar so 12h25 arriveer ons by Glenconnor. Ons is gegroet deer van die locals wat opsoek is na soet wyntjie so op die Saterdag middag.

Ook nie 100 jaar of ons hoor die eerste bike brul, dis Nemodakar wat inrol by Glenconnor  :ricky:

Nog 100 jaar en Beagle Boy stop verwoed op sy 1200GS heel uitasem en nat gesweet vertel die ingilsman ons hoe hy moes spook met groot klip onner sy bashplate en waar hy blykbaar "Airtime" gehad ket op die Krompoort pad  >:D Beagle Boy, vertel ons meer  :deal:

So arriveer nog van die die anner honde. Ben Ten en Dirty XT se Tenere's lyk baie skoon. Ek moes mooi ky of ek nie dalk daai stof lappie erens gewaar het nie  :pot:

Ons kap 'n vinnige bier  :thumleft: Nemo se sy steering damper is nou op 2  :imaposer:

 
Top