Ouens help groot asb. Het raad nodig. KTM issues

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Kuifie

Race Dog
WD Supporter
Joined
Mar 12, 2007
Messages
2,979
Reaction score
3
Location
Philadelphia, Western Cape
Bike
BMW R1200GS
Soos julle almal weet het ek vir my 'n 990R gekoop in Bloemfontein by n dealer. 2009 model met 27000km

Ek het vrydag die 2/11/2012 opgevlieg en die bike kaap toe gery. By die die huis aangekom het ek al die olie level gecheck en water. My waterbotteljie was leeg, nie heeltemal maar onder die minimium merk.
Ek het dit toe aangevul tot op die regte level.
Die naweek daarna het ons weer n draai gaan ry +/- 300km. Ek het toe agtergekom dat die water level steeds sak. Praat toe met iemand daaroor en besluit dat daar  lug in die rediator is/was en om dit weer aan te vul. Anyway so gemaak en toe gaan ry ons hierdie naweek weer +/- 300km. En soos die duiwel is my vermoede reg die ding gebruik nog steeds water. Maak weer vol , laat bike idle en haal plastics af voor om lekasie te soek , maar kry niks. Maar ek het nie gaan ry nie.
Kom vanmiddag by die huis en die duiwel fluister in my oor "check die olie". En daar sit die stront, al water word by die olie gegooi so daar is issues.

Ok ek wil nie weet wat als fout is ensv ensv nie , dit kan ek net dink en dat daar gestrip moet raak ensv.

Ek het op hierdie oomblik die bike net 19 dae.
My vraag vraag is.
Wat is my regte , moet die dealer fix? Kan ek dalk die bike teruggee?
Ek het nog nie vir die dealer gekontak nie , eers moreoggend. Wil ook net bevestig dat ek nie hulle wil slegmaak of enigeiets nie sulke dinge gebeur in die lewe. As iemand daarvan geweet het en die bike so verkoop het gaan die issues anyway na hom toe kom.

Wat ek eintlik nou wil doen of aan die dealer wil voorstel is om die bike terug te gee en dan maar eerder n nuwe een by hulle koop.
Ongelukkig het dit n swak smaak in my mond gelos en sal ek nie weer n KTM tweedehands koop nie maar wel nuut.

Ek wil maar net bietjie uitvind wat is my regte rondom die situasie sodat en nie met onblikke versoeke na die dealer gaan nie maar wil binne my reg optree.

So die wat al met so iets te doen gehad se raad sal regtig wardeer word.

Ek het basies 1600km met die fiets gery.

Thanx
 
Top